Voel jy moeg en uitgebrand, of is jy net nie meer lus vir daardie ding, wat ons akademie noem, nie? Barrie Ferreira praat oor wat gebeur wanneer jy doelwitte aan die begin van die jaar gestel het, maar jy dit nie bereik het nie.
Wat presies gebeur tydens jou menstruele siklus? Verpleegkundige Elsabe Nienaber beantwoord Hazel Janse van Rensburg se vrae om jong meisies te help verstaan wat met hulle liggaam gebeur, en hoe hulle hulle hormone kan reguleer.
Wat het honde, drama en perde met mekaar te doen? Barrie Ferreira kyk na verskillende soorte alternatiewe terapie om te sien hoe jongmense daarby kan baat, en hoe dit verskil van tradisionele terapie.
'n Terapeut gee raad oor hoe om jou denkpatrone te verander om angs en die oordink van kwessies te bestuur. Ons hoor by 'n paar jongmense wat hulle doen om hulle geestesgesondheid te prioritiseer. En 'n jongman deel sy storie van hoop met ons.
Is enkellopendheid iets om jouself oor te bekommer, of iets om te vier? Barrie Ferreira vind uit hoe om die enkellopende fase van jou lewe te vier, te midde van groepsdruk om in ‘n verhouding te wees. Baie mense weet nie wie hulle is nie, en hoop die ander persoon sal hulle leer wie hulle is. En dan is dit ‘n groot katastrofe...
22 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.