Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 8 Augustus 2024
    Transgender is ‘n term wat gelaai is met vooropgestelde idees en verwarring. Dr. Chan Croeser vertel vir Hazel Janse van Rensburg wat die term beteken, en wat dit nié is nie.
    22 min
  • Kompas 7 Augustus 2024
    Barrie Ferreira gesels met twee vroue wat in tradisionele mansgedomineerde bedrywe werk. Hy praat ook met iemand wat studeer om ‘n meulmaker en rugbyskeidsregter te word.
    22 min
  • Kompas 6 Augustus 2024
    Dans is dalk net die beste (en goedkoopste) vorm van terapie! Shani Daniel, die eienaar van Studio X Dance, gesels oor die positiewe invloed wat dans op algehele gesondheid kan hê.
    21 min
  • Kompas 5 Augustus 2024
    Afrikaans.com gee raad vir Graad 9-leerders oor hoe om die regte vakkeuses te maak, en hoekom dit so 'n belangrike belsuit is. Ons skop Vrouemaand af met 'n onderhoud oor Heavenly Promise,  'n huis van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders.
    19 min
  • Kompas 2 Augustus 2024
    Barrie Ferreira gesels met twee jong Suid-Afrikaners wat deelneem aan die 2024 Olimpiese Spele. Die 22- jarige Mel Janse van Rensburg, ‘n rotsklimmer, en die 22-jarige Marioné Fourie, ‘n 100 m-hekkiesatleet en Suid-Afrikaanse rekordhouer, vertel van hulle Olimpiese drome.
    21 min
  • Kompas 31 Julie 2024
    Barrie Ferreira kyk na die toenemende gewildheid van eSport in skole. Hy praat met ‘n eSport-onderwyseres om te hoor watter waarde hierdie onkonvensionele sport toevoeg tot leerders se lewe.
    22 min
  • Kompas 30 Julie 2024
    Maatskaplike werker Marlene van Vuuren gee raad oor hoe om ‘n vriendskap met ‘n eks en/of ‘n eks se ouers te benader nadat ‘n verhouding beëindig is.
    23 min
  • Kompas 29 Julie 2024
    Chloè van Rooyen praat oor mensehandel en aanlynveiligheid met prokureur Nadine Blom en misdaadverslaggewer Maygene de Wee.
    25 min
  • Kompas 26 Julie 2024
    Het jy al ooit gewonder hoe dit is  om deel te wees van ‘n lugredery se kajuitbemanning? Barrie Ferreira praat met ‘n opleier om uit te vind.
    23 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.