Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 11 Julie 2024

    Hazel Janse van Rensburg gesels met Riekie Wolmarans, wat telkemale aan die wêreld skaakkampioenskap deelgeneem het, oor wat hierdie sport so uniek maak. Wêreld Skaakdag word op 20 Julie gevier.

    21 min
  • Kompas 10 Julie 2024
    Hoe kan jy ‘n verskil in jou gemeenskap maak? Barrie Ferreira praat met twee van 2024 se Top 200 Jong Suid-Afrikaners om te hoor hoe hulle deur middel van hulle beroepe ‘n impak maak.
    25 min
  • Kompas 9 Julie 2024
    Ulrike Hougaard, ‘n jong Suid-Afrikaner wat in Japan werk, vertel van haar ondervinding, en gee wenke vir jongmense wat daaraan dink om oorsee te gaan werk.
    23 min
  • Kompas 8 Julie 2024
    Stel jy belang in animasie en videospeletjie-ontwerp? Wonder jy wat hierdie werk alles behels, en watter kwalifikasie jy moet hê? Chloè van Rooyen het gaan uitvind.
    22 min
  • Kompas 5 Julie 2024
    Wat verg dit om ‘n suksesvolle beroep in die kunste te volg? Barrie Ferreira praat met Lynelle Kenned, ‘n operasangeres en aktrise, om te hoor hoe sy haar beroep in die kunste suksesvol gemaak het. Hy vertel ook van die Huisgenoot Eistedfodd wat jongmense die kans gee om hulle talent ten toon te stel.
    23 min
  • Kompas 4 Julie 2024
    Hazel Janse van Rensburg gesels met professionele tatoeëerkunstenaar Victor van den Heever oor wat sy beroep behels, en wat jy in ag moet neem voordat jy hierdie permanente besluit neem.
    26 min
  • Kompas 3 Julie 2024
    Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om ‘n motorjoernalis te wees. Daar’s vlieg betrokke, daar is restaurante betrokke, en daar is nuwe roetes om te verken betrokke. Somtyds vind motorbekendstellings oorsee plaas. Hy hoor by twee gesoute motorjoernaliste wat die voordele en nadele is van so ‘n beroep.
    25 min
  • Kompas 2 Julie 2024
    ‘n Meisie wat pas verloof is, en ‘n meisie wat pas getroud is, deel hulle trouwenke om jong paartjies te help om geld (en spanning) te spaar.
    24 min
  • Kompas 1 Julie 2024
    Van kindsbeen af het Lara Muller 'n kop gehad vir besigheid, en vandag praat sy met trots oor haar eie boutique. Dié 25 jarige entrepreneur deel haar pêrels van wysheid met enige jongmens wat droom daarvan om hulle eie besigheid te begin.
    25 min
  • Kompas 28 Junie 2024
    Wat is die relevansie van ‘n universiteitsgraad? Sowat 50 - 60% van eerstejaars skop op, druip of verander van kursus. Barrie Ferreira praat met ‘n opvoedkundige sielkundige om te hoor hoe jy kan bepaal of ‘n universiteitsgraad vir jou is, en of jy liewers ‘n praktiese roete moet neem ná skool.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.