Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.... more
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,500 episodes available.
February 21, 2024Kompas 21 Februarie 2024Deur professionele ontwikkelingsdoelwitte te stel, kan jy jouself meer aanloklik maak vir groeigeleenthede in jou beroep, bedryf en sektor. Arehan Brand vind meer uit hieroor en van professionele vaardigheidsontwikkeling....more24minPlay
February 20, 2024Kompas 20 Februarie 2024Is jy onseker wat om te doen nadat jy ingeskryf het vir ‘n kursus, en dan besef dis nie die een vir jou nie? Dalk is jy ontevrede met jou studenteverblyf, en weet nie hoe om die saak aan te pak by die universiteit se behuisingsbeamptes nie. Amoné Schoombie het verskeie universiteite se administratiewe beamptes gekontak om die prosesse so eenvoudig moontlik deur te gee aan studente....more21minPlay
February 19, 2024Kompas 19 Februarie 2024Chloè van Rooyen gesels met 'n voormalige skoonheidskoningin oor wat dit verg om 'n goeie rolmodel te wees, en wat dit beteken om selfvertroue te hê. Sy gee ook raad oor hoe om jouself voor te berei vir skoonheidskompetisies....more23minPlay
February 16, 2024Kompas 16 Februarie 2024Chrislynn Sias praat met Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor spesiale stemme, en wat die proses behels. Ian Cameron van Action SA vertel of mense in gemeenskappe dié konsep verstaan....more21minPlay
February 15, 2024Kompas 15 Februarie 2024Ds. Riaan Steenkamp verduidelik hoe jy ‘n positiewe ingesteldheid kan kweek. Hy vertel hoe ouers hulle kinders kan leer hoe om positief te bly, en hoe om hulle doelwitte te bereik. Hy gesels oor positiewe en goeie doelwitte, en hoe om te meet of jou doelwitte bereikbaar is....more26minPlay
February 14, 2024Kompas 14 Februarie 2014Die liefde word gevier op Valentynsdag! Arehan Brand gesels met TikTok-sensasie, Tiaan Soek ‘n Meisie. Jongmense vertel ook van hul liefdesteleurstellings en afsprake wat ‘n flop was....more26minPlay
February 13, 2024Kompas 13 Februarie 2024Met die opkoms van stomingsdienste, is Wêreldradiodag die ideale tyd om te bepaal of radio wel nog ‘n invloed het op jong volwasse luisteraars. Hoe lyk die toekoms vir radio en stromingsdienste, en vir watter soort radioprogramme skakel jong volwasse luisteraars graag in? Amoné Schoombie het ondersoek ingestel, en ook by studente van verskeie ouderdomsgroepe uitgevind waarna hulle graag luister....more23minPlay
February 12, 2024Kompas 12 Februarie 2024Chloè van Rooyen gesels met 'n veearts oor hoe troeteldiere vir kinders verskillinde vaardighede kan leer, en hoe diere kinders op 'n emosianele vlak kan bystaan. Ons hoor ook van 'n organisasie wat vrywilligerswerk doen, deur besoeke af te lê by mense wat deur 'n moeilike tyd gaan, en vir hulle die kans gee om met honde en katte te speel en gesels....more26minPlay
February 09, 2024Kompas 9 Februarie 2024Is jy of jou familie in die buiteland, maar wil in die komende verkiesing stem? Chrislynn Sias gesels met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor hoe mense in die buiteland kan stem. Voormalige Kompas-aanbieder Athina Jansen deel haar ervaring van in die buiteland stem....more25minPlay
February 08, 2024Kompas 8 Februarie 2024Deel 2: Anri van Jaarsveld, ‘n onderwyser, psigometris en spelterapeut, praat oor die ontwikkeling van leierskapeinskappe by tieners. Sy vertel van hulpbronne wat jong mense kan gebruik om hulle kommunikasie- en leierskapeienskappe te verbeter. Sy verduidelik ook hoe ouers dié eienskappe in hulle kinders kan vestig....more22minPlay
FAQs about Kompas:How many episodes does Kompas have?The podcast currently has 1,500 episodes available.