Die rekordeksamen is die laaste geleentheid wat leerders het om te bepaal watter afdelings in ‘n vak se curriculum steeds vir hulle moeilik is om toe te pas. Barrie Ferreira praat met ‘n akademiese hoof om te hoor hoekom hierdie eksamen só belangrik is op die matriekkalender.
Chloè van Rooyen praat met Solin Roman. Hy was deel van 'n bende op die Kaapse Vlakte, en vasgevang in dwelmmisbruik. Met die hulp van 'n rehabilitasiesentrum het hy sy sy lewe verander en tot bekering gekom. Ons oor ook by 'n sielkundige wat die realiteit van dwelmmisbruik en -verslawing is.
Is nagraadse studie vir jou? Hoe kan bepaal of dit iets is wat jy moet nastreef as ‘n student? Barrie Ferreira delf in verskeie nagraadse studies om ‘n idee te kry wat elkeen van dit behels.
Hazel Janse van Rensburg gesels met RSG se matriekafskeid-kompetisiewenners, Thembi Jane Buys en Tumelo Diale, en deel kenners se wenke om dié mooi dag selfs mooier te maak.
Dis altyd ‘n uitdaging om nuwe mense te ontmoet wanneer jy in ‘n nuwe omgewing is. Barrie Ferreira stel ‘n paar maniere voor hoe om mense te leer ken sonder om die bank te breek. Hy gesels ook met ‘n sielkundige oor skaamheid – iets wat dikwels gebeuer wanneer jy nuwe mense moet ontmoet.
Dr. Jacques van Wyk, 'n dermatoloog, deel praktiese (en bekostigbare) velsorgwenke met tieners, om al die inligting wat deesdae op sosiale media is, te vereenvoudig.
Elwira Standili gesels oor haar reis as gospelsanger al die pad tot voor die Koortjies-kameras, waar sy vandag die aanbieder is. Ons vind ook uit wat 'n film- en TV-kontinuiteïtstoesighouer alles doen.
Damprook is iets wat toeneem onder leerders in Suid-Afrika. Barrie Ferreira doen ondersoek na damprook onder jongmense, en praat met ‘n pulmonoloog om te verstaan wat die gesondheidsimplikasies daarvan is.
23 min
About Kompas
From the publisher's feed
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.