Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 12 Junie 2024
    Tydens stresvolle tye soos eksamens, is dit maklik om te vergeet om te rus. Barrie Ferreira praat met Elmarie van Loggerenberg, die akademiese adjunkhoof by Affies, om te hoor hoe leerders rus tot hulle voordeel kan gebruik.
    23 min
  • Kompas 11 Junie 2024
    Hazel Janse van Rensburg gesels met Extreme Fighting Championship-atleet, Adrian Sanchez, oor hoe om positiewe uitlaatkleppe vir jou aggressie te vind.
    21 min
  • Kompas 10 Junie 2024
    Ons hoor by 'n verpleegster wat die simptome van seksuele oordraagbare infeksies is. 'n Seksuoloog praat oor seksuele gesondheid, onthouding en hoe ons jongmense kan help om veilige sekskeuses te maak.
    27 min
  • Kompas 7 Junie 2024
    Dit is 'n besige tyd vir baie hoërskoolleerders met die Junie-eksamen. Barrie Ferreira hoor by ‘n paar leerders van Hoërskool Die Wilgers hoe hulle die eksamens beleef. Barrie praat ook met Marieke Buys, ‘n Afrikaans-onderwyseres, om te hoor watter raad sy vir matrieks het oor hoe hulle die beste kan maak van hulle voorbereiding.
    22 min
  • Kompas 6 Junie 2024
    An-Mari Do Carmo vertel vir Hazel hoe sy in weerwil van ‘n traumatiese kinderlewe, outisme en ADHD, ‘n sukses van haar lewe maak.
    24 min
  • Kompas 5 Junie 2024
    Suid Afrika is wêreldwyd bekend vir sy goeie wyn. Barrie Ferreira praat met prof. Wessel du Toit, ‘n wingerd-en wynkunde dosent by Stellenbosch Universiteit, oor hierdie studierigting, en hoe jy 'n beroep in die wynbedryf kan beoefen.
    23 min
  • Kompas 4 Junie 2024
    Hoe maak jy ‘n beroep van skryf, en hoe bestuur mens jou tyd? Skrywer Elsa Winckler weet presies hoe! Sy deel al haar geheime met Hazel Janse van Rensburg.
    27 min
  • Kompas 3 Junie 2024

    Chloè van Rooyen hoor watter geleenthede daar vir jong mense as ambagslui is. Reagan Johnson vertel wat sy drome vir die jeug van Suid-Afrika is.

    23 min
  • Kompas 31 Mei 2024
    Die grootste vraag wanneer jy in matriek is, is wat gaan jy ná skool doen? Barrie Ferreira gesels met Sylvester Smith, orginaseerder by die ATKV se postmatriek-program, om te hoor hoekom ‘n "gap"jaar ‘n goeie opsie mag wees as jy nie heeltemal seker is van wat jy wil doen nie.
    24 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.