Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 16 Mei 2024
    Hazel Janse van Rensburg vind by Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie uit wat die gedragskode behels wat politieke partye, kandidate en kiesers moet volg.
    23 min
  • Kompas 15 Mei 2024
    Kunsmatige inteligensie word al hoe meer gebruik in opvoedkundige instellings. Barrie Ferreira praat met twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat KI-tegnologie ontwikkel het om studente se take en toetse te merk. Hy vind meer uit hoe die tegnologie werk, en hoe dit studente kan baat.
    23 min
  • Kompas 14 Mei 2024
    Kompas woon die Proscenium Dramakompetisie by. Ons vat jou deur die hele proses – van die uitdunne tot die aankondiging van 2024 se wenners.
    26 min
  • Kompas 13 Mei 2024
    Wat word bedoel met ‘n vry en regverdige verkiesing? Hoe deursigtig is die proses? Wie is die rolspelers wat onafhanklike, vrye en regverdige verkiesings moet laat gebeur?
    24 min
  • Kompas 10 Mei 2024
    Hoe moet jy met jou finansies werk wanneer jy op universiteit is? Is dit ooit te vroeg om te begin spaar vir jou aftrede? Barrie Ferreira besoek ‘n kuierplek om uit te vind hoeveel studente tipies op ‘n aand uit sou spandeer. Hy praat ook met finansiële raadgewer Pieter Venter om te hoor hoe jongmense met hulle geld behjoort te werk terwyl hulle jonk is.
    22 min
  • Kompas 9 Mei 2024
    Mediese dekking kan jou sak ruk. Susan Koekemoer, 'n finasiele verhoudingsbouer, verduidelik hoe studente hulleself op ‘n studentebegroting kan dek.
    22 min
  • Kompas 8 Mei 2024
    Barrie Ferreira praat oor entrepreneurskap terwyl jy op universiteit is. Bouwer Bosch gesels oor sy ondernemings, en dr. Dawie Bornman van die Universiteit van Pretoria praat oor entrepreneurskap.
    26 min
  • Kompas 7 Mei 2024
    Daar is baie te sê oor hoe om tienerswangerskappe te voorkom, maar ons fokus op die feit dat jy nou swanger is, en jy moet kop bo water hou. Twee mammas wat as tieners swanger geword het, deel hulle ondervinding.
    22 min
  • Kompas 6 Mei 2024
    Chloè van Rooyen praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommisie oor die drie stembriewe wat kiesers vir die eerste keer in nasionale en provinsiale verkieisings sal kry.
    26 min
  • Kompas 3 Mei 2024
    Die musiekgroep, Droomsindroom, het in 2022 hulle debut gemaak met hulle liedjie Hey Sonneblom. Oor die laaste twee jaar het hulle groot sukses behaal, al is die twee broers slegs 24 en 17 jaar oud. Barrie Ferreira het met Kirsten en Kyle van Droomsindroom gesels voor een van hulle optredes oor hulle reis as musikante tot dusver.
    25 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.