Kompas

Kompas

By RSGEducation
Download on the App Store

Kompas episodes

  • Kompas 30 Mei 2024
    Twee matriekleerders staan die kans om hulle rok en pak vir vanjaar se matriekafskeid te wen. Dit word gemaak deur Elizabeth Galloway Academy of Fashion in Stellenbosch. Hazel Janse van Rensburg het by die ontwerpskool gaan inloer om te sien wat agter die skerms gebeur, en om uit te vind wat dit verg om ‘n beroep uit mode-ontwerp te maak.
    20 min
  • Kompas 29 Mei 2024
    Barrie Ferreira praat met 'n oogkundige om uit te vind watter impak ‘n konstante blootstelling aan digitale skerms op ‘n mens se oë het op skool. Hy hoor ook by skoolleerders watter medium hulle verkies om mee te leer - digitaal of gedruk.
    20 min
  • Kompas 28 Mei 2024
    Hazel Janse van Rensburg gesels met die wenners van vanjaar se Poortprys in die poësie- en prosa-kategorieë.
    24 min
  • Kompas 27 Mei 2024
    Chloè van Rooyen hou matriekafskeid! Sy vind uit wat om in gedagte te hou vir die groot aand. En, daar is verrassing wat twee matrikulante se drome kan bewaarheid.
    25 min
  • Kompas 24 Mei 2024
    Barrie Ferreira trek sy tekkies aan, en gaan stap saam met Linda Viljoen wat bekend is vir haar Instagramblad, Linda Hikes South Africa. Hulle praat oor die belangrikheid van ‘n aktiewe leefstyl vir jongmense. Barrie praat ook met Johann Els, ‘n biokinetikus, om te hoor wat die regte benadering is om te neem teenoor fiksheid.
    25 min
  • Kompas 23 Mei 2024
    Hazel Janse van Rensburg hoor by professor Annemarie Hattingh, 'n fisiese wetenskappe-lektor by die Universiteit van Kaapstad, hoe studentelewe uit ‘n dosent se oogpunt lyk.
    25 min
  • Kompas 22 Mei 2024
    Wêreld Biodiversiteitsdag beklemtoon die belangrikheid van die natuur in ons lewe. Barrie Ferreira gesels met studente wat biodiversiteit studeer om te hoor hoekom dit belangrik vir hulle is. Hy praat ook met Conrad Zeelie, ‘n veldgids oor wat sy beroepskeuse geïnspireer het.
    23 min
  • Kompas 21 Mei 2024
    Hazel Janse van Rensburg gesels met twee leerders van Hoërskool DF Malan oor hulle ondervinding om hulle bestuurderslisensies te kry.
    22 min
  • Kompas 20 Mei 2024
    Ons vat alles saam wat ons die afgelope paar weke geleer het oor die verkiesing. Jaques Jansen van die OVK deel weer 'n paar van die belangrike punte, soos die drie verskillende stembriewe wat jy sal kry, en wat 'n bedorwe stem is.
    21 min
  • Kompas 17 Mei 2024
    Met die vakansie wat nader kom vir universiteitstudente, sal baie mense binnekort huis toe ry vir die vakansie. Barrie Ferreira praat met Ruan Vermaak, ‘n padveiligheidspesialis, oor wat jy kan doen om seker te maak jou reis is so veilig moontlik. Barrie vind ook uit wat die beste vyf liedjies is om op jou padreisspeellys te hê wanneer jy huis toe ry.
    22 min

About Kompas

From the publisher's feed

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.