Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
March 25, 2020Wat te make met die angs in die tyd?Vrese oor die korona-virus strek op die oomblik regoor die wêreld. Hoe swaar raak die impak kinders en ouer, kwesbare mense op ‘n persoonlike en emosionele vlak. Tessa van Wyk, ‘n traumatoloog vanuit Suid-Afrika sluit by ons aan......more3minPlay
March 25, 2020Ons gesels reën en winter....Dit wil voorkom asof die kanse vir reën nog nie verby is nie en Kosmos 94.1 Nuus het by die Meteoroloog, Professor Willem Landman van die Universiteit van Pretoria aangeklop oor die komende winter en moontlike neerslae......more2minPlay
March 24, 2020Om te innoveer raak al hoe belangrikerDr Rikus Grobler, die Bestuurder van Innovering by die Capricorn Beleggingsgroep het sopas sy jongste boek bekendgestel. Die boek, ‘Innovation made simple’ is ‘n handige gids vir besighede. Innovering in die besigheidswêreld handel oor produktiwiteit, die moraal van personeel en hoe kliënte jou besigheid ervaar... Hy het die oggendspan aangesluit om meer hieroor te gesels....more10minPlay
March 24, 2020Korona is in werklikheid 'n traumaVrese oor die korona-virus strek op die oomblik regoor die wêreld. Hoe swaar raak die impak mense op persoonlike en emosionele vlak? Die Windhoekse sielkundige, Dr Shaun Whittaker is ons gas vanoggend.......more3minPlay
March 24, 2020Beskerming vir suiwelprodusente word bespreekDie Namibiese Minister van Landbou, Water en Grondhervorming beoog om die Beheer van die Invoer en Uitvoer van Suiwelprodukte en Suiwelproduk Plaasvervangers Wetsontwerp in die parlement ter tafel te lê. Die doel van die wetsontwerp is onder meer om die suiwelindustrie te reguleer met maatreëls om die industrie te beskerm. Gunther Ling, Besturende Direkteur van Namibia Dairies sluit by ons aan....more3minPlay
March 23, 2020Ekonoom help met raad vir huishoudingsRome Mostert van Cirrus in die hoofstad het met Jean Louis en Yanna gesels oor raad vir huishoudings in die onsekere tye van korona....more11minPlay
March 23, 2020Ekonoom bevraagteken Geingob se syfersReaksie word ontvang op President Hage Geingob se aanmerkings op Onafhanklikheidsdag dat Namibië armoede verminder het van 70 persent na 18 persent in die afgelope 30 jaar, en dat die land se gesondheidsdiens na die welsyn van Namibiërs omsien. Dr Omu Kakujaha Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam......more3minPlay
March 23, 2020BoN gesels moontlike korona maatreëlsIn lande regoor die wêreld waar die korona-virus posgevat het, is daar ‘n grasietydperk geskep vir die terugbetaling van lenings en ander paaiemente. In die VSA mag daar op hierdie stadium geen eiendom terug gevat word vir wanbetaling nie. Volgens Kazembire Zemburuka, Skakelbeampte van die Bank van Namibië, gesels met ons meer breedvoerig hieroor....more3minPlay
March 20, 2020Fopnuus is dié nuusFopnuus is tans ‘n baie groot uitdaging veral in verband met korona en dis ‘n wêreldwye probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by Professor Basie von Solms, ‘n Professor by die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kuberveiligheid oor waar dit vandaan kom....more2minPlay
March 20, 2020Beleid en realiteit stem nie ooreen nieDie Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vandag navorsing oor droogte, water tekorte en klimaatsverandering bekendgemaak. Volgens die navorser Dietrich Wemmert, verstaan die regering sowel as politieke partye nie werklik die uitdagings van klimaatsverandering en landbou nie en daar is swak beleid geskep en ‘n teenstrydige visie vir ontwikkeling. Hy is ons gas vanoggend...more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.