Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
March 19, 2020Reaksie op Top 4 aankondigingReaksie word ontvang op die heraanstelling van die Adjunk President, die Eerste Minister en die Adjunk Eerste Minister deur President Hage Geingob. Die poste is onveranderd tot en met 20 Maart 2024 met Adjunk President Nangolo Mbumba, Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en Netumbo Nandi Ndaitwah as Adjunk Eerste Minister. Talle meen daar is konsekwentheid in die regering...Politieke Analis Dr Hoze Riruako met sy mening vanoggend.....more2minPlay
March 19, 2020Dis wat die noodtoestand isDaar is soveel stories oor die noodtoestand wat verklaar is deur President Hage Geingob. Sommige sê jy moet 6 uur tuis wees en nie weer uitgaan nie, ander sê weer dat jou regte wegval in belang van die openbare belang. Bradley Khoa van die Regshulpsentrum in Namibië het aangesluit by die oggendspan om dinge effe duideliker te maak....more12minPlay
March 19, 2020Unie bekommerd oor werkers, nie geldJob Muniaro, die Sekretaris Generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers het ‘n beroep op alle werkers gedoen om veilig te wees tydens 'n moontlike uitbraak van die korona-virus. Hy sluit by ons aan....more2minPlay
March 19, 2020Ons gesels noodtoestandVolgens Professor Nico Horn, is die noodtoestand wat President Hage Geingob verklaar het nie ‘n dekreet nie en bloot ‘n voorstel. Hy sluit vanoggend by ons aan om die bepaling te verduidelik....more2minPlay
March 18, 2020Regstellende aksie word hersienDie wetgewing in verband met regstellende aksie in Namibië word op die oomblik hersien vir moontlike wysigings. Kosmos 94.1 Nuus gesels vanoggend met die Kommissaris van die Diensbilliksheid Kommissie, Otniel Podewiltz....more2minPlay
March 18, 2020Angula verbaas oor noodtoestandDie voormalige Eerste Minister en Minister van Verdediging Nahas Angula sê hy is verbaas dat President Hage Geingob ‘n noodtoestand in die land verklaar het in verband met die korona-virus. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus......more3minPlay
March 18, 2020NAPHA gesels koronaMet die toerisme bedryf klaar onder druk, kry die jag bedryf ook swaar, nie net onder die druk van die korona-virus pandemie nie maar ook as gevolg van die impak van die droogte op wildlewe regoor die land. Maar nou het nuwe maatreëls teen korona die industrie baie hard geslaan met veral die reisverbod.Tania Dahl, die Hoof Uitvoerende Beampte van die Namibiese Professionele Jagters Vereniging is ons gas....more2minPlay
March 18, 2020Paniek gaan nie help nieDie Namibiese besigheidsgemeenskap gedra hom op die oomblik asof hy paniekbevange is as gevolg van die korona-virus. Volgens kenners is die lae olieprys en goeie reënval nie genoegsame goeie nuus om die negatiewe impak van die virus teen te werk nie. Arbeidskonsultant Herbert Jauch is ons gas....more3minPlay
March 18, 2020Mbumba gesels oor korona uitdagingsDie Adjunk President Nangolo Mbumba het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om kalm te bly in die lig van die aankondiging dat korona die land bereik het. Hy gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdagings....more2minPlay
March 18, 2020'Ons bou self'Inwoners van die Berseba Kiesafdeling is verheug oor die steenhuise wat vir sommige inwoners opgerig is. Die Informele Behuisingsfederasie se Heinrich Amushila sê lede van die gemeenskap het opleiding ontvang om hulle eie huise op te rig. Hy is ons gas......more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.