Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
March 11, 2020Wêreldwye resessie dalk oppadMet die uitbreking van die korona-virus en die daling in beide wêreldmarkte en die olieprys wil dit voorkom asof sentrale banke gedwing sal word om rentekoerse te verlaag om druk op ekonomieë te verlig. Chris Gillmore, ‘n Suid-Afrikaanse Ekonoom met sy mening vanoggend....more2minPlay
March 11, 2020Moeders van kritiese belang en pa's moet bystaanDie Ombudsman het die belangrikheid van die ma se rol in die opvoeding van kinders weer beklemtoon. Volgens Advokaat John Walters is dit van kritieke belang dat mans in die geval van ‘n egskeiding gereeld soos ooreengekom onderhoud betaal om ma’s in staat te stel om dit wel te kan doen. Hy is ons gas......more2minPlay
March 10, 2020Vervaardiging groei stadigDie Bank van Namibië sê dat groei in die vervaardigingsektor in 2020 en 2021 sal inkrimp na 0,9 persent dié jaar en 1,3 persent volgende jaar. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad gesels meer breedvoerig......more2minPlay
March 10, 2020Nuwe NEEEF raamwerk wek kommerDie Namibiese Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing sê die jongste raamwerk van die sogenaamde NEEEF wetsontwerp het geensins die onsekerhede aangespreek nie en is steeds net so skadelik vir die ekonomie soos die eerste raamwerk. Eben de Klerk van die Vereniging sluit het by die oggendspan aangesluit om meer breedvoerig te gesels oor wat beplan word vir die wet....more16minPlay
March 10, 2020Openbare ondernemings opgeweegNamPower is tans die gesondste openbare onderneming in die land. Dit is volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se Maart 2020 verslag. Volgens die dokument, het NamPower die beste gevaar met goeie bestuur en bedrywighede wat in die maatskappy heers. Een-en-twintig ondernemings, wat Fishcor insluit, is geëvalueer. Graham Hopwood Direkteur van die Instituut sluit by ons aan....more2minPlay
March 09, 2020Groen energie kan werk skepDie Europese Unie het sekere punte uitgelig in wat hy beskryf as sy vennootskap met Afrika in verband met ontwikkelingsprojekte. Een van die aspekte is die ontwikkeling van sogenaamde groen energie. Chris Brown van die Namibiese Kamer van Omgewingsake, is ons gas....more3minPlay
March 09, 2020Droogte oorsaak van hoë lewende uitvoereKundiges het gereageer op die landbou-verslag van die Namibiese Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vir die 2017-2018 seisoen. Die onafhanklike Namibiese landbou-kenner Wallie Roux meen die belangrikheid van landbou word in die verslag getoon. Hy sluit by ons aan....more2minPlay
March 06, 2020Alles vir LuméDis vandag sommer lekker pret by die Legacy of Love se pret golfdag by die Windhoekse Gholf klub en Buitelug oord in die hoofstad. Volgens Sybrand de Beer die stigter van Legacy of Love gaan daar baie verskillende items en dinge wees om te geniet. Hy is ons gas....more2minPlay
March 06, 2020Super Rugby: Wat om te kykDis weer Super Rugby die naweek en van die wedstryde om na uit te sien in die volgende ronde van die Super Rugby reeks sluit wedstryde in tussen die Sunwolves en die Brumbies, Crusaders teen die Reds, Sharks teen die Jaguares en die Bulls teen die Highlanders op Loftus Versfeld. Grant Nisbett, rugby kommentator van Nieu-Seeland gesels vanoggend met ons....more2minPlay
March 05, 2020SME handelaars kla oor tekort aan goedkoop Chinese produkteKlagtes word ontvang van klein sakeondernemings en informele handelaars oor ‘n tekort aan goedkoop verbruiksgoedere uit China as gevolg van die korona-virus. Kenners is dit eens dat die uitbreking van die virus ‘n gulde geleentheid vir klein besighede in die land bied om hulle voorsieningsketting te diversifiseer en ander markte te vind vir hulle voorraad. Danny Meyer van SME Compete is ons gas....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.