Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
March 05, 2020Eerste Minister gesels oor einde van administrasieDie huidige administrasie kom tot ‘n einde na 21 Maart. Kosmos 94.1 Nuus gesels vanoggend met die Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amdahila oor wat nog voorlê voor die nuwe kabinet ingehuldig word....more2minPlay
March 04, 2020Hoender invoere beperk met 300-ton maandeliksDie Hoof Uitvoerende Beampte van die NMI Groep van Maatskappye wat Namib Poultry Industries besit, Ian Collard gesels vanoggend oor die nuus dat die Ministerie van Handel hoender invoere beperk tot 1 200 metrieke ton per maand. Die wetgewing tree op 1 April vanjaar in werking....more2minPlay
March 04, 2020SA ekonomie bedroef, impak kring uitDie Hoofekonoom by Econometrix in Suid-Afrika, Azar Jammine, sê die waarskynlikheid is groot vir verdere kredietafgraderings. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika syfers bekendgemaak het dat die buurland weer in 'n resessie is. Hy is ons gas vanoggend....more2minPlay
March 04, 2020Katjie kry groot aandagDie seldsame sogenaamde swartpootkat, oftewel Felis nigripes, die kleinste in die wêreld en geklassifiseer as kwesbaar, is in die nuus in Namibië. Dr Morgan Hauptfleisch, ’n dosent aan die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sê hulle het verskeie van die katte onlangs vir navorsingsdoeleindes gevang. Hy gesels vanoggend met Kosmos 94.1 meer hieroor....more3minPlay
March 03, 2020SA se 2020 groei gelyk aan Zim sinDie Internasionale Monitêrefonds het ‘n groeikoers van 0,8 persent vir Suid-Afrika vir 2020 voorspel. Dit is dieselfde as die verwagte groei vir die Zimbabwiese ekonomie. Intussen is Namibië se verwagtinge op 1,6%. Dr Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomiese Fakulteit sluit by ons aan......more3minPlay
March 03, 2020Kommer oor SA korona gereedheidDie Suid-Afrikaanse regering het besonderhede bekend gemaak oor die plan om 151 burgers in die Chinese stad, Wuhan, na Suid-Afrika terug te bring. Die buurland se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het aangekondig dat die proses oor ‘n week of meer sal begin. Kenners is van mening dat die buurland nie vir die uitdaging gereed is nie en Professor Hussein Solomon van die Vrystaatse Universiteit gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
March 03, 2020Die Eagles moet oop loop!Die Namibiese krieketspan, die Eagles, kom die maand en in April te staan teen die spanne van Nederland, Nepal en Skotland in ‘n reeks wedstryde op tuisbodem, geborg deur Castle Lite. Johan Miller, Uitvoerende Beampte van Krieket Namibië is ons gas....more2minPlay
March 02, 2020Sandmyne skep problemeMet die goeie reënval oor die afgelope week of meer, het veral ploteienaars wes van Okahandja gesukkel met vloedwaters en miljoene doller se skade as gevolg van riviere wat hulle sê, se vloei verander het. Baie van die grondeienaars regoor die land blameer sandmyn-aktiwiteite met kwessies van riviere wat vloei. Romeo Muyunda, Woordvoerder van die Ministerie van Omgewingsake is ons gas....more3minPlay
March 02, 2020Droogte nie gebreek nieTerwyl goeie reënval ontvang is, is die droogte vir talle boere nie verby nie, veral in die noord- en suidwestelike dele van die land. Volgens die Namibiese Landbou Unie moet wydverspreide reën nog ontvang word. Roelie Venter, Uitvoerende Hoof van die unie gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
March 02, 2020Unie sê staatsdiens nie te groot nieDie Sekretaris Generaal van die Kongres van Vakbonde in Namibië, Kavihuha Mahongora het by die kongres van die Staatsdiensvakbond oor die naweek gesê dat die staatsdiens nie te groot is nie en verhogings geweier word omdat sommige amptenare die geld in die bank wil hê om te plunder. Die unie eis ‘n verhoging vir staatsamptenare die jaar. Robert McGregor van Cirrus in Windhoek met sy mening....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.