Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
February 25, 2020SA begroting in die soekligDie begrotingstoespraak van die Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Tito Mboweni, gaan volgens berigte bepalend wees vir die toekomstige gradering van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Beleggers is die afgelope tyd volgens berigte meer skepties om in die buurland te belê weens onder meer vlakke van korrupsie wat kommer wek. Hein Kruger, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom sluit by ons aan....more3minPlay
February 25, 2020Lelies blom môreDie Sandhofpan naby Maltahöhe het 80 mm reën ontvang en daar word verwag dat die alombekende Sandhof-lelies teen die 26ste van die maand sal begin blom. Sandhof se hekke sal dan oopmaak en sal oop bly vir besoekers tot Sondag 1 Maart. Ons sluit vanoggend aan by Oliver Morgan van Plaas Sandhof vir meer....more2minPlay
February 24, 2020Brave Warriors speler in UzbekistanHierdie is miskien die manier waarop ‘n mens die nuwe week moet begin. Die Brave Warriors speler McCartney Tevin Nawaseb is in Uzbekistan besig om hom in die land in te burger nadat hy ‘n professionele kontrak losgeslaan het met die Qizilqum Sokker klub daar. Hy sluit eksklusief by ons aan uit Uzbekistan....more2minPlay
February 24, 2020Burgeroorlog is nonsens sê NahasDie voormalige Eerste Minister van Namibië en oud Minister van Verdediging Nahas Angula sluit vanoggend by ons aan met sy reaksie oor die praatjies van ‘n moontlike burgeroorlog in die land....more1minPlay
February 24, 2020Daggalande die voorland?AgriSA sê hy sal met alle rolspelers saamwerk om die voor- en nadele van kommersiële daggaboerdery in Suid-Afrika breedvoerig te ondersoek. President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat die buurland se regering die kommersiële kweek van dagga gaan moontlik maak en reguleer vir onder meer medisinale doeleindes. Omri van Zyl die Hoofbestuurder van AgriSA met sy mening...more1minPlay
February 21, 2020Dis vandag internasionale MoedertaaldagInternasionale Moedertaaldag, ʼn inisiatief deur die Verenigde Nasies, word jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier. Klem word veral gelê op die belangrike rol wat veeltaligheid in volhoubare ontwikkeling speel. Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia vier hierdie dag om bewusmaking te skep dat taaldiversiteit grootliks bevorder kan word deur die behoud en bevordering van moedertaalonderrig.Professor Hannes Rautenbach, dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia is ons gas....more2minPlay
February 21, 2020Volgende week weer lekker Sewes-rugby in WindhoekVolgende naweek word die gewilde Capricorn Sewes Rugby-reeks weer by Windhoek Gimnasium in die hoofstad aangebied. Wessel Kotze, die toernooi direkteur sluit by ons aan....more2minPlay
February 21, 2020Superrugby met oud Springbok kaptein Corne Krige se meningDis weer die naweek Superrugby met interessante wedstryde. Corne Krige, oud Springbok-kaptein met sy indrukke.....more2minPlay
February 20, 2020Namibiese jeug en loopbane in die landboubedryfDie Namibiese jeug word uitgenooi om landbou as ‘n goeie loopbaan geleentheid te oorweeg.. Dit is die standpunt van die Beleggings Bestuurder by Königstein Capital in die hoofstad, Albert Basson wat vanoggend ons gas is...more3minPlay
February 20, 2020Ons land maak geskiedenis met beesvleis na AmerikaWalter Parrs die woordvoerder van die Amerikaanse Ambassade in Windhoek sluit vanoggend by ons aan oor Meatco wat die eerste 25 ton Namibiese beesvleis via Walvisbaai na Amerika verskeep het. Dit maak Namibië die eerste land in Afrika wat beesvleis na Amerika uitvoer....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.