Voorspellings vir reën oor die volgende twee weke lyk belowend vir Namibië. Volgens satelliet foto’s sal die sentrale gebied, tot in die ooste van die land, sowel as die noorde, oor die volgende twee weke goeie neerslae ontvang en voorspellings vir die suide is ook baie positief. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam in die buurland, sluit by ons aan vir meer besonderhede.