Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
February 14, 2020Die nederige ietermagô verseker weiding vir 30 beesMôre is ietermagô-dag en bied ietermagô-entoesiaste die geleentheid om kragte saam te snoer ter wille van bewusmaking oor die lot van die unieke diere. Die diere se getalle neem drasties af in beide Asië en Afrika weens stropery en onwettige jag-aktiwiteite. Professor Morgan Hauptfleish van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sluit by ons aan......more2minPlay
February 14, 2020Lekker Super Rugby die naweekDaar is groot afwagting vir die naweek se Super Rugby kragmetings. Van die wedstryde om na uit te sien sluit onder meer die Blues teen die Crusaders, Hurricanes teen die Sharks, Brumbies teen die Highlanders en die Lions teen die Stormers in. Eugene Jantjies, die voormalige Namibiese rugbyspeler......more2minPlay
February 14, 2020Namibiese rolprent blink uitMultichoice Namibië het gisteraand die Namibiese rolprent Kukuri in die hoofstad vertoon. Dit is die enigste Namibiese film wat genomineer is vir die Africa Viewers’ Choice Awards. Die regisseur van die rolprent Philippe Talavera gesels vanoggend met ons hieroor....more2minPlay
February 13, 2020Andie pronk op TVDit is die maand van liefde en môre is Valentynsdag so ons gesels vanoggend, liefde... Vanaand sal ‘n nuwe oujongkêrel met sy soeke begin vir liefde in die tweede seisoen van ‘The Bachelor SA’. Die 36-jarige Marc Buckner hoop om die toekomstige eggenoot van sy droom te ontmoet. Namibië se eie Andi Wieland sal ook een van die deelnemers wees wat hoop om sy voete onder hom uit te skop....more3minPlay
February 13, 2020Cyril stel teleurPricewaterhouseCoopers sê President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het nie voldoen aan die positiewe verwagtinge wat hy geskep toe hy eers as ANC President en toe as President van Suid-Afrika verkies is twee jaar gelede nie. Ramaphosa sal vandag sy staatsrede lewer en dit word as die belangrikste een ge-ag sedert 1994 toe Nelson Mandela sy eerste een gelewer het. Dr Azar Jammine, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus hieroor....more2minPlay
February 13, 2020Wêreld Radiodag word gevierWêreld Radiodag word vandag regoor die wêreld gevier. Volgens kenners bly radio as medium ‘n baie belangrike instrument in mense se lewens. Professor Franz Kruger, die Hoof van Joernalistiek by Wits Universiteit in Suid-Afrika sluit vanoggend by ons aan....more3minPlay
February 12, 2020Verligting vir groenskemaNamWater het goedgekeur dat 'n miljoen kubieke meter water van die Hardapdam beskikbaar gestel word aan die groenskema produsente. Dawie de Klerk, Voorsitter van die Hardap Boerevereniging sluit vanoggend by ons aan....more2minPlay
February 12, 2020Radikale jeug ‘n werklike bedreigingVolgens Jasmine Opperman, ‘n Direkteur van die Terrorisme Navorsing en Analise Konsortium in Suid-Afrika is die vrese wat die hoof van die Namibiese polisie oor geradikaliseerde jeug uitgespreek het, geregverdig. Luitenant Generaal Sebastian Ndeitunga sê radikale jeug moet eerder stem as om te probeer om regerings omver te gooi. Opperman gesels vanoggend meer in diepte oor die verskynsel in ons streek....more3minPlay
February 12, 2020Springbok breier geselsJacques Nienaber die Springbokafrigter gesels eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus uit Bloemfontein. Die 47-jarige Nienaber het Rassie Erasmus in die pos vervang. Hy is die 14de Springbokafrigter in die buurland sedert die hertoelating tot internasionale rugby....more3minPlay
February 11, 2020Dis was toe al die tyd die ietermagôDie oorsprong van die korona-virus is bekend. Navorsing wat in beide Texas en China uitgevoer is het bevestig dat die Maleisiese ietermagô verantwoordelik is vir die dodelike korona-virus. DNS toetse deur die Baylor-kollege van Medisyne in Texas toon dat die korona-virus 99% dieselfde is as dit wat in 21 Maleisiese ietermagô’s gevind is. Die uitslae is ook bevestig deur navorsing in China. Beide die Hubei en Guangdong provinsies in China, waar korona eerste voorgekom het, is ook sentrums vir die onwettige handel in ietermagô’s. Dr Chris Brown van die Kamer van Omgewingsake sluit vanoggend by ons aan....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.