Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
February 05, 2020'Dit is apartheid se skuld, steeds'President Hage Geingob het by sy eerste Kabinetsvergadering gesê dat ongelykheid in Namibië nie Swapo se skuld is nie, maar eerder die beleid van uitsluiting wat vir 100 jaar deur apartheid be-oefen is. Die Namibiese Ombudsman, Advokaat John Walters en Dr Hoze Riruako gesels vanoggend met Kosmos 94.1 oor die benadering....more4minPlay
February 05, 2020Regskenner oor verkiesingsgedingRegterpresident Peter Shivute het aangekondig dat hy 10 uur vanoggend die uitspraak in die Hooggeregshof aansoek deur Dr Panduleni Itula om die presidensiële verkiesing se uitslae nietig te verklaar, sal lewer. Die Namibiese regskenner Professor Nico Horn met sy mening......more2minPlay
February 05, 2020Federer staan ons kinders byDie internasionale tennis ster Roger Federer sal Namibië vandag besoek as deel van sy stigting se bedrywighede. Hy bring ‘n besoek aan Lifeline/Childline Namibië. Ben Cloete Implementeringsvennoot van Lifeline/Childline Namibië gesels met ons vanoggend oor Federer se werk in die land....more3minPlay
February 04, 2020Wat nou met melkproduksie by Hardap?Die Hardap Groenskema se water is onlangs afgesny nadat die Hardapdam kritieke watervlakke bereik het. Verskillende landbou aktiwiteite in die omgewing het van die water gebruik gemaak vir veral gewasse en die aktiwiteite van die Superfarm suiwelplaas. Dit het die vraag laat ontstaan oor die voortbestaan van Namibiese suiwelplase en die moontlikheid dat Namibia Dairies hulle subsideer. Ons gesels met Gunther Ling, die besturende direkteur van Namibia Dairies....more3minPlay
February 04, 2020Misdaad bly ernstige uitdagingKosmos 94.1 en wetstoepassingsbeamptes in Windhoek het ‘n teenmisdaad operasie uitgevoer wat ook padveiligheid ingesluit het. Tydens die operasie is ‘n aantal bestuurders aangekeer met uitstaande lasbriewe wat teen hulle aangeteken is. Superintendent Maria Mjoba van die Stadspolisie van Windhoek....more3minPlay
February 04, 2020Radio bly gesond in digitale eraTradisionele media gaan gebuk onder druk van digitale bronne van nuus. Volgens Professor Frans Kruger, die Hoof van Joernalistiek by Wits Universiteit in Suid-Afrika het radio 'n goeie toekoms in weerwil van sosiale media en televisie. Hy sluit by ons aan....more2minPlay
January 31, 2020Trauma is oral om in ons gemeenskappeNamibië en Suid-Afrika, en ander lande in die suider-Afrikaanse streek, se burgers gaan gereeld gebuk onder trauma weens voorvalle van geweld en soortgelyke traumatiese skokke. Volgens Dr Pixie du Toit, ‘n Kriminoloog van Suid-Afrika kan dit aanleiding gee tot onder meer huishoudelike geweld en alkoholmisbruik. Sy is ons gas....more3minPlay
January 31, 2020Gesondheid probeer uitdagings die hoof biedDie Ministrie van gesondheid in Namibië het in 2019 baie uitdagings gehad met personeel tekorte en ook belangrike medikasie, veral kroniese medikasie, wat gereeld uit voorraad was. Dr Kalumbi Shangula die Minister van Gesondheid sluit vanoggend by ons aan....more2minPlay
January 30, 2020Druk op mielies, koringAs gevolg van droogte in die suidelike streek van Afrika kan daar moontlik tot en met Junie druk wees op mielie pryse en die aanplanting van koring kan ook onder druk kom. Ons sluit vanoggend aan by Ian Collard die Besturende Direkteur van Namib Meulens om te gesels oor stapelvoedsel en pryse....more2minPlay
January 30, 2020Shifeta sê dit het beter gegaanDie Minister van Omgewingsake en Toerisme Pohamba Shifeta sê 2019 was ‘n moeilike jaar vir sy ministerie, veral omdat daar ‘n tekort aan bronne was wat operasionele uitdagings te weeg gebring het. Hy sluit by ons aan oor stropery, omgewingsbestuur en meer....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.