Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
February 11, 2020Ramaphosa se staatsrede belangrikste sedert ‘94President Cyril Ramaphosa van Suid Afrika lewer Donderdag sy Staatsrede. Kenners is bekommerd oor die huidige politieke en ekonomiese stand in Suid-Afrika en groei is broodnodig. Professor Andre Duvenhage, ‘n Politieke Ontleder gesels ‘n bietjie meer in diepte met ons....more2minPlay
February 10, 2020Daleen Gous, kliniese sielkundige, gesels liefdeDie kliniese sielkundige Daleen Gouw sluit na 7 by die oggendspan aan om gesels oor die chemie van liefde... lelike eendjies ensovoorts....more14minPlay
February 10, 2020Landbou 'n goeie landelike beleggingDaar is ‘n beroep op beleggers gedoen om belê in die landelike gebiede van Namibië. David Nuyoma, die Hoof van die Regeringsinstellings Pensioenfonds het die aanmerkings gemaak by die aankondiging van die fonds se belegging in ‘n bloubessie projek in Kavango Oos. Dr Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Ekonomiese Fakulteit, sluit by ons aan vanoggend.....more3minPlay
February 10, 2020Corne gesels oor die Bulls en die BrumbiesDit was weer ‘n interessante naweek vir Super Rugby. Op die oomblik loop lê die Brumbies, die Chiefs en die Stormers bo aan die punte leer. Corne Krige, voormalige Springbok is ons gas....more2minPlay
February 07, 2020Wydlopende impak op verkiesingsDie uitspraak deur die Regter President Peter Shivute in die Hooggeregshof dat ‘n naspeurbare papierspoor vir verkiesings in lyn is met die Grondwet, het wydlopende implikasies vir die Namibiese Verkiesingskommissie. Ons gesels vanoggend met die Voorsitter van die Verkiesingskommissie Notemba Tjipeua....more2minPlay
February 07, 2020Groep lae-inkomste families bou meer huise as regeringDie Informele Behuisingsfederasie word geprys vir sy pogings om behuising in die land te formaliseer. Die groep, wat bestaan uit lae-inkomste families bou, met die hulp van borge en hulle eie fondse, huise regoor die land en hulle doen die werk self. Hendrina Shuunyuni die Inligtingsbeampte van die federasie is ons gas....more2minPlay
February 07, 2020Lekker rugby op die kassieDis die naweek die tweede ronde van die 2020 Super Rugby seisoen. In die Australiese derby speel die Brumbies teen die Rebels, in Nieu-Seeland speel die Chiefs teen die Crusaders en die Lions speel teen die Reds. Die groot tradisionele noord-suidderby tussen die Stormers en die Bulls word in Kaapstad gespeel. Jacques Burger voormalige Namibiese rugbyspeler gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
February 06, 2020Ons gesels oor boelies by die werkDie Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Arbeid, Bro-Matthew Shinguadja sê dat afknouery in die werkplek ‘n bron van groot kommer is met 'n redelike onlangse voorval in die platteland wat wyd reaksie gelok het. Ons gesels vanoggend met hom oor die probleem....more2minPlay
February 06, 2020Regskenner gesels oor hofuitspraakReaksie word steeds ontvang oor Regter Peter Shivute se bevinding dat daar geensins bepaal kan word of die afgelope verkiesing vry en regverdig was of nie en daarom het hy nie nuwe verkiesings beveel nie. Maar, geen toekomstige verkiesing mag sonder ‘n naspeurbare papierspoor mag plaasvind nie. Die Minister moet bepalings 3 en 4 van Seksie 97 implementeer voor 21 Maart, of die wet eers onttrek. Die Namibiese Regskenner Prof Nico Horn sluit by ons aan....more2minPlay
February 06, 2020Meer wat bespreek en slaapDie Gasvryheidsvereniging van Namibië het goeie syfers vertoon vir 2019 en het groei aangeteken in terme van die hoeveelheid gaste, nagte bespreek en instellings wat benut is. Op die oomblik is toerisme die enigste sektor in Namibië wat groei. Gitta Paetzold van die vereniging gesels met ons vanoggend....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.