Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
March 16, 2020Adjunk Eerste Minister verduidelik oor koronaDie aankondiging dat korona in Namibië is het veroorsaak dat President Hage Geingob alle vlugte van en na Duitsland, Ethiopië en Doha opgeskort is en verder, dat geen reise deur regeringsamptenare onderneem sal word nie. Ons gesels meer in diepte hieroor met die Adjunk Eerste Minister Netumbo Nandi Ndaitwah....more3minPlay
March 16, 2020Swak vooruitsigte vir boere klaar onder drukSkuld in die landbou sektor het vanaf tussen Junie 2018 tot Junie 2019 gestyg van 6 miljard doller na 7 miljard doller. Dit is volgens die jongste syfers wat deur die Namibiese Landbou Unie vrygestel is. Daar is verdere kommer omdat produksie vlakke steeds daal. Bertha Ijambo, Hoof Navorser by die Unie is ons gas....more2minPlay
March 16, 2020Plaaslike owerhede in spervuurDie Khorixas Dorpsraad is die jongste plaaslike owerheid wat ‘n nadelige oudit-opinie ontvang het van die Ouditeur Generaal Junias Kandjeke. Talle plaaslike owerhede sukkel met slegte skuld en vervalle infrastruktuur maar het geen fondse om die probleme aan te spreek nie. Dr Omu Kakujaha Matundu van die Ekonomiese Fakulteit by Unam sluit by ons aan met sy mening vir die redes hiervoor....more3minPlay
March 13, 2020Wêreldmarkte is senuagtigNadat wêreldmarkte Woensdag effe beter vertoon het, het hulle Donderdag skerp gedaal nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie die korona uitbreking as pandemie verklaar het. Dit het beleggers op hulle senuwees. Dawie Klopper, ‘n Beleggingsekonoom by PSG Konsult in Gauteng gesels vanoggend in meer detail hieroor....more3minPlay
March 13, 2020Almal wag vir die Stormers en die SharksDis weer Super Rugby die naweek en van die wedstryde om na uit te sien in die volgende ronde van die Super Rugby reeks sluit wedstryde in tussen die Chiefs teen die Hurricanes, die Blues teen die Lions op Eden Park, die Reds teen die Bulls en die groot een is die Sharks teen die Stormers. Die voormalige Springbok Victor Matfield sluit by ons aan......more2minPlay
March 13, 2020Jou daaglikse broodBakpro het sy nuwe premium brood bakkery buite Windhoek naby Okapuka in gebruik geneem, en die Minister van Handel, Industrialisasie en SME Ontwikkeling Tjekero Tweya was die gasspreker by die geleentheid. Ian Collard die Hoof Uitvoerende Beampte van die NMI Groep van Maatskappye is ons gas....more3minPlay
March 12, 2020Vervaardigers wil nie NEEEF hê nieBrian Black, die Voorsitter van die Namibiese Vervaardigers Vereniging sê die huidige vorm van NEEEF sleg is vir die ekonomie. Sy aanmerkings volg na die Namibiese Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing 'n verslag saamgestel het wat sê die wetsontwerp het geensins die onsekerhede aangespreek nie en is steeds net so skadelik vir die ekonomie soos die eerste raamwerk. Hy gesels verder hieroor vanoggend....more3minPlay
March 12, 2020Moet aborsie gewettig word?Van die begin van die jaar tot en met hede het ons ons gehoor van ouers wat hulle babas vermoor en dan weggooi op vullis terreine of in toilette afspoel. Die Kinderadvokaat in die Kantoor van die Ombudsman Ingrid Husselmann sluit by ons aan oor aborsie wetgewing en oplossings.......more3minPlay
March 12, 2020Walvis ontwikkel goedDie Burgermeester van Walvisbaai is positief oor ontwikkeling op die kusdorp in weerwil van die moeilike ekonomiese omstandighede. Hy is ook baie positief dat die Peugeot-aanleg sal groei. Immanuel Wilfred sluit by ons aan......more2minPlay
March 11, 2020Suide boere trek baie swaarDie droogtetoestande het vererger in veral die verre suide van Namibië en talle boere het min of geen reën ontvang nie. Dolf de Wet van Plaas Michberg sowat 12 kilometer noord van Grünau sluit vanoggend by ons aan....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.