Die tweede uitgawe van die Superheld Sondag-wedstryde is gister in Soweto gehou. Die spanne, die Stormers as Thor, teen die Sharks as Black Panther, en die Bulls as Captain America en die Lions as Spiderman, het vir opwindende rugby gesorg. Die Stormers het 21-19 gewen teen die Sharks en die Bulls het 40 aangeteken teen die Lions se 35. Brendan Nel van Supersport sluit by ons aan.