Regoor die wêreld en veral in ontwikkelde lande, word die geestesgesondheid van werkers as baie belangrik geag. Daarom het werksure of meer buigsaam geraak of is heelwat korter. Dit blyk nie die geval in suider-Afrika te wees nie. Daar word op die oomblik na die werksure in Suid-Afrika gekyk, wat beskou word as van die hoogste ter wêreld met 2209 ure per jaar. Maar in Namibië is 2340 werksure per jaar, sonder oortyd, wettig. Herbert Jauch, 'n Arbeidsnavorser in Namibië met sy mening vanoggend.