Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
December 02, 2019Onbudsman is van mening Swapo moet veranderSwapo het in die afgelope verkiesing heelwat steun verloor. Daar is talle wat van mening is dat die huidige ekonomiese toestande en die kwellende droogte deel vorm hiervan. Die Ombudsman John Walters is ons gas....more3minPlay
November 29, 2019Fishrot-6 en die regDie sogenaamde Fishrot-6 veskyn weer vandag in die Windhoek Landroshof om aansoek te doen vir borg. Ons gesels met Advokaat John Walters, oor wat is volgende in terme van die reg en hoe lank die saak nog sal duur....more2minPlay
November 29, 2019Soeklig op padveiligheidDis amper vakansietyd en padveiligheid is weer in die nuus. Volgens die Senior Bestuurder vir Ongeluk- en Beseringsvoorkoming by die Namibiese Motorvoertuig Ongelukkefonds, Sidney Boois is hulle tans besig met hulle veiligheidsveldtog vir die feesseisoen. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste....more2minPlay
November 29, 2019Coach Sean die naweek aanNamibië se top muurbalspelers het regdeur die jaar meegeding om te kwalifiseer vir die eerste “Coach Sean” uitdaagtoernooi wat die naweek aangebied word. Tydens die byeenkoms spook die top 8 beskikbare muurbalspelers in Namibië dit uit vir prysgeld van 26 000 dollar. Spelers moes aan ‘n minimum van 2 toernooie deur die jaar deelgeneem het. Steven Berry van die Wanderers Muurbalklub en die toernooi se skakelbeampte sluit by ons aan....more2minPlay
November 28, 2019Tendertoekenning bring meer vrae as antwoordeDaar word vrae gevra oor die toekenning van 'n 621-miljoen dollar tender aan 'n volle Chinese gesamentlike onderneming om die tweede seksie van die spoor tussen Arandis en Kranzberg te voltooi. Die geld vir die projek kom uit die 4 miljard dollar wat beskikbaar is vir Namibië by die Afrika Ontwikkelingsbank in die vorm van 'n lening. Kenners is van mening die geld moet gebruik word om werk te skep. Robert McGregor, 'n Ekonoom van Cirrus Capital, is ons gas vanoggend....more2minPlay
November 28, 2019Namibië is by COP25Namibië sal deelneem aan die 25ste Konferensie van Partye van die Verenigde Nasies Raamwerk Konvensie vir Klimaatsverandering. COP25 sal van 2 tot 13 Desember in Madrid, Spanje aangebied word. Die Namibiese regering het die konvensie in Mei 1995 bekragtig. Die doel van die konvensie is om konsentrasies van kweekhuis uitlaatgasse in die atmosfeer te stabiliseer op ‘n vlak wat mensgemaakte inmenging by die klimaatsisteem sal voorkom. Die jaar se Konferensie van Partye sal fokus op die finalisering van die Parys Ooreenkoms wat in 2015 by COP 21 aangegaan is. Pohamba Shifeta, die Minister van die Omgewing en Toerisme sluit by ons aan....more3minPlay
November 26, 2019Boere se geestestoestand in die nuus'n Internasionale Beraad op Sielkunde en Globale Gesondheid wat die maand in Portugal gehou is, het bevind dat klimaatsverandering 'n negatiewe impak op die mens se geestesgesondheid het. Op tuisbodem is die knellende droogte 'n groot uitdaging vir ons boere en druk neem toe. Thinus Pretorius, president van die Lewendehawe Produsente Organisasie is ons gas....more2minPlay
November 26, 2019Kudu Gas steeds op dreefDie Kudu Gas-projek is steeds op dreef met BW Kudu, die operateur van die Kudu lisensie wat steeds vol vertroue is dat die hulpbronne opbrengste kan lewer. Volgens berigte beloop die kostes van die werke en lisensiefooie wat aan die regering van Namibië betaal moet word, byna 100 miljoen Namibiese dollar. Dr Klaus Endresen, die Namibiese Bestuurder van BW Kudu Beperk sluit by ons aan....more2minPlay
November 26, 2019Die 2019 Seiljagseisoen begin amptelik in DesemberDie 2019 Seiljagseisoen begin amptelik in Desember met verskeie sieljag-vaarte wat deur die Walvisbaai Seiljagklub aangebied word. Danel van Rooyen, Sekretaris van die Walvisbaai Seiljagklub sluit by ons aan....more2minPlay
November 25, 2019Wat is die stand van ons demokrasie?Namibiese politieke partye het die naweek hulle verskeie veldtogte afgesluit en kiesers sal Woensdag hulle kruisies maak. Dr Hoze Riruako, ‘n plaaslike politieke ontleder gesels met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.