Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
December 06, 2019Tannie Helen gee raad aan boereDaar is net geen kennis oor die geskiedenis van Namibië se droogtes en siklusse van reën soos ons oumense nie. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by Tannie Helen Poggenpoel, 'n inwoner by Abendfrieden in Okahandja oor haar herhinneringe. Sy sluit vanoggend by ons aan....more2minPlay
December 06, 2019Dis tyd vir die Desert Dash!Die fokus vir internasionale en plaaslike fietsryers op die oomblik is die Nedbank Desert Dash wat vandag in die hoofstad begin en môre klaarmaak op Swakopmund se strand. Mannie Heymans die hoof organiseerder van die wedren, en veteraan fietsryer sluit by ons aan....more2minPlay
December 05, 2019Nahas Angula op FishrotDie sogenaamde Fishrot-skandaal bly in die nuus met Namibiërs wat die saak fyn dophou vir enige nuus en moontlike nuwe arrestasies. Die voormalige Eerste Minister, Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat met sy mening oor die saak....more2minPlay
December 05, 2019Eksamen uitslae oppadDaar is talle leerders wat wag vir hulle uitslae in die afgelope eksamen. Die Ministerie van Onderwys stel normaalweg die eerste uitslae vry in Desember. Ons gesels met die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Onderwys, Sanet Steenkamp....more2minPlay
December 05, 2019Berei voor vir die Vierde Industriële RewolusieDie Vereniging van Namibiese Duitse Alumni oftewel ANGA bied sy inleidende Alumni Konferensie aan op 6 en 7 Desember met die onderwerp “Die Vierde Industriële Rewolusie : Geleenthede en Uitdagings vir Namibië”. Die konferensie word aangebied by die Universiteit van Namibië met die ondersteuning van die Duitse Federale Buitelandse Kantoor se Wetenskap Diplomatieke Fonds. Akademici, studente en lede van die publiek kan die geleentheid bywoon. Barbara Kahatjipara, die Adjunkvoorsitter van die Vereniging van Namibiese Duitse Alumni is ons gas....more3minPlay
December 04, 2019Regering het van Fishrot geweetReaksie is ontvang op die nuus dat beide die Direkteur-Generaal van die Teen Korrupsie Kommissie Paulus Noa sowel as die Minister van Finansies Calle Schlettwein op rekord is dat die regering en die Kommissie sedert tenminste 2014 bewus was van die vermeende Fishrot-6 korrupspul. Willie Olivier, ‘n onafhanklike media spesialis gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus....more2minPlay
December 04, 2019Paulus Noa werp lig op Fishrot-6 ondersoekDie Direkteur-Generaal van die Teenkorrupsie Kommissie Paulus Noa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste in verband met die sogenaamde Fishrot-6 ondersoek. Hy is ons gas vanoggend....more3minPlay
December 04, 2019Reaksie op die SAL se verlies van 10,4 miljard randDie jongste finansiële state wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens ingedien het toon dat die redery meer as 10,4 miljard rand oor die laaste twee finansiële jare verloor het. Dit is die eerste keer wat finansiële state sedert 2016 bekendmaak is. Dit blyk om chaos te wees met die finansies van die redery en Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep in Gauteng sluit by ons aan....more2minPlay
December 02, 2019Wen 'n erf in HentiesbaaiDie ontwikkelaars van die Henties Bay Golf and Lifestyle Estate bied van vandag af ‘n geleentheid aan Kosmos-luisteraars om deur middel van ‘n SMS-kompetisie ‘n reusegeskenk te wen – ‘n erf in die Henties Bay Golf and Lifestyle Estate ter waarde van 429-duisend dollar. Kosmos 94.1 nuus praat vanoggend met die weldoener en ontwikkelaar van die gholf- en leefstyl-landgoed, Paul van Biljon....more3minPlay
December 02, 2019Wat sê die uitslae van die afgelope verkiesing van die regerende party?Die Presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesing is verby en die uitslae het baie mense verstom. Swapo het sy twee-derde meerderheid in die parlement verloor en Dr Hage Geingob se steun het ook gedaal van net bo 92 persent in 2014 na 56 persent. Die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood, sluit by ons aan....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.