Die eerste voorlopige uitslae is bekend na die afloop van Woensdag se stemmery deur Namibiërs wat in die buiteland woon of werk, sowel as lede van die polisie, weermag en korrektiewe dienste. Die onafhanklike kandidaat, Swapo-lid Dr. Panduleni Itula het baie goed gevaar. Dietrich Wemmert, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sluit by ons aan.