Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
November 11, 2019Die Wetenskaplike Gemeenskap van Swakopmund bied more ‘n praatjie aanDie Wetenskaplike Gemeenskap van Swakopmund bied more ‘n praatjie deur die Amerikaanse meteoroloog Professor Sharon Nicholson oor haar navorsing op die Namib-woestyn. Sy het ‘n jarelange internasionale studie op kuslyn woestyne gedoen oor onder andere, die impak van stygende seevlakke, met spesifieke klem op die Namib. Sy is ons gas vanoggend....more2minPlay
November 11, 2019Die Afrika Mans Sewes rugbyreeks het die naweek afgesluit in JohannesburgDie Afrika Mans Sewes rugbyreeks het die naweek afgesluit in Johannesburg. Kenia het die toernooi gewen toe hulle Uganda 29-0 in die finaal verslaan het. Namibië het gister Senegal met 38-19 geklop en toe ook vir Zambië gewen met 28-5. Maar dit was nie genoeg nie. In die wedstryd met Kenia het Namibië met 33-0 verloor en die span het ook verloor teen Uganda met 35-17. David Philander, Namibië se afrigter gesels oor die toernooi....more2minPlay
November 08, 2019Bek en klouseer uitbreking op 'n plaas in die Molemole distrik van die Limopopo provinsie,word steeds ondersoekDie Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is steeds besig om die bek en klouseer uitbreking op 'n plaas in die Molemole distrik van die Limopopo provinsie in die buurland te ondersoek en toetse te doen. Die uitbraak het ‘n impak op Namibiese produsent en Theunis Pretorius, die President van die plaaslike Lewendehawe Produsente Vereniging is ons gas vanoggend....more2minPlay
November 08, 2019Die hoof van die Namibiese Verkiesingskommissie Theo Mujoro het met Kosmos 94.1 nuus gepraat oor die verkiesingDie hoof van die Namibiese Verkiesingskommissie Theo Mujoro het met Kosmos 94.1 nuus gepraat oor die aankomende Nasionale Vergardering en Presidensiële verkiesings wat op 27 November plaasvind, maar al op 13 November begin....more2minPlay
November 08, 2019Die Afrika Mans Sewes rugby reeks word vandag en môre in Johannesburg gehouDie Afrika Mans Sewes rugby reeks word vandag en môre in Johannesburg gehou. Veertien spanne van regoor die vasteland neem deel. Die wedstryde word oor twee dae gespeel en die wenner van die reeks sal kwalifiseer vir die Olimpiese spele wat volgende jaar in Tokio plaasvind. Die afrigter van die Namibiese span wat ook deelneem, David Philander, sluit by ons aan....more2minPlay
November 07, 2019Namibië het die toekenning as een van die top dertig beste opkomende bestemmings vir 2020 gewenNamibië het die toekenning as een van die top dertig beste opkomende bestemmings vir 2020 gewen. Wenners is gekies nadat die mees gewilde reis-bloggers in die industrie gestem het. Die inisiatief van Travel Lemming fokus op opkomende bestemmings internasionaal. Ons sluit aan by Nate Hake die stigter en hoof van Lemming Travel uit Amerika ....more3minPlay
November 07, 2019Kweekhuisgasse het met 6,3% in Indië gestyg en met 3,4% in die VSAKweekhuisgasse het met 6,3% in Indië gestyg en met 3,4% in die VSA. Lande soos Namibië is uitgelewer en kwesbaar vir die skokke van klimaatsverandering. Dr Chris Brown van die Namibiese Omgewingskamer gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor wat Namibiers kan die impak hiervan te kan mitigeer....more3minPlay
November 07, 2019El Nino tipe reënpatrone kan verwag wordVolgens Professor Willem Landman, meteoroloog van die Universiteit van Pretoria, word die ekatoriale dele van die Stille-oseaan warmer wat moontlik in die tweede helfde van die seisoen El Nino tipe reënpatrone tot gevolg kan hê. Wallie Roux, ‘n onafhanklike landboukenner in Namibie oor wat moontlik kan gebeur sou on snog ‘n erge droogte jaar ervaar....more2minPlay
November 06, 2019Die kanse vir reën lyk nie baie goed vir Namibië vir die eerste deel van die seisoen nieVolgens die jongste weermodelle lyk die kanse vir reën nie baie goed vir Namibië vir die eerste deel van die seisoen nie. Willem Landman, ‘n professor in meteorologie aan die Universiteit van Pretoria sê dis moontlik weer ‘n jaar van groot uitdagings....more2minPlay
November 06, 2019Die jongste hepatitis E syfers is bekendgemaak tot en met 20 OktoberDie jongste hepatitis E syfers is bekendgemaak tot en met 20 Oktober. 'n Totaal van 70 nuwe gevalle is tussen 7 en 20 Oktober aangemeld teenoor die 57 gevalle tussen 23 September en 6 Oktober. Die spesiale gesondheids adviseur in die kantoor van die adjunk-president Dr Bernard Haufiku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ons wen nie die stryd nie. Hy sluit vanoggend by ons aan...more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.