Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
November 14, 2019Elektroniese stemmasjiene sal gebruik wordDie Verkiesingskommissie van Namibië is vasbeslote dat die elektroniese stemmasjiene in die komende verkiesing gebruik sal word. Dit kom te midde van dreigemente deur sommige partye om dit in die hof te betwis. Politieke ontleder Hoze Riruako met sy mening....more3minPlay
November 14, 2019Die Speaker gesêls oor die Nasionale Vergadering in 2019Volgens die Speaker van die Nasionale Vergadering van Namibië, Professor Peter Katjavivi het 2019 baie uitdagings vir hulle gebied maar die parlement het baie mylpale behaal. Professor Katjavivi is ons gas vanoggend....more3minPlay
November 14, 2019Arbeidsoptrede 'n groot risiko vir die SALDie Suid-Afrikaanse Lugdiens sê hy is baie bekommerd oor vakbonde se dreigemente van arbeidsoptrede tydens sy hervormingsproses. Die staatsonderneming het begin met Artikel 189-beraadslaging met sy personeel, aangesien hy beraam om meer as 900 werknemers af te dank as deel van sy omdraaistrategie. Media strateeg en ontleder in Suid Afrika, Professor Nixon Kariithi sluit by ons aan....more2minPlay
November 13, 2019Opgraderings by Hosea Kutako Internasionale Lughawe vorder goedKonstruksiewerk wat gemik is op die uitbreiding van die lughawe is op die oomblik aan die gang by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die 250-miljoen dollar kontrak het einde September begin. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy sluit by ons aan vir die jongste....more2minPlay
November 13, 2019Krieket Namibië se uitreikprogram skop afKrieket Namibië se uitreikprogram begin vandag waartydens hulle verskillende skole en klubs besoek. Beide die nasionale mans en vroue krieketspanne sal deel uitmaak van afrigtingskursusse, afrigtingsklinieke en FNB kwotaprogramme in verskillende Namibiese streke. Johan Muller, die hoof uitvoerende beampte van Krieket Namibië gesêls hieroor....more2minPlay
November 13, 2019Malaria-bestryding het in die noorde beginMet die eerste reën wat in die noorde geval het is daar weer teen-malaria aktiwiteite wat gaan plaasvind, maar daar is sekere uitdagings in die verband. Dr Richard Kamwi, E8 ambassadeur in die SAOG-streek het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gesêls....more2minPlay
November 12, 2019Daar is die afgelope tyd verskeie voorvalle aangemeld in Namibië waartydens geweldadige, massa familiemoorde gepleeg isDaar is die afgelope tyd verskeie voorvalle aangemeld in Namibië waartydens geweldadige, massa familiemoorde gepleeg is. Die jongste voorval is laas week in die noorde aangemeld waar selfs ‘n baba en ‘n familie troeteldier met ‘n panga aangeval is. Die bekende sielkundige van Windhoek, Dokter Shaun Whittaker sluit by ons aan....more3minPlay
November 12, 2019Die Vereniging van Afrika Diamantproduserende Lande het kommer uitgespreek oor sintetiese diamanteDie Vereniging van Afrika Diamantproduserende Lande het kommer uitgespreek oor die bedreiging wat sintetiese diamante vir die natuurlike diamantindustrie inhou. Bedreigings sluit ook kleiner winste regoor die diamant waardeketting. Riaan Burger, die hoof uitvoorende beampte van Namdeb sluit by ons aan....more2minPlay
November 12, 2019Kommer word uitgespreek oor toenemende korrupsiesake in die landDie minister van omgewingsake en toerisme, Pohamba Shifeta, het sy kommer uitgespreek oor die toenemende korrupsiesake wat in die land aangemeld is. Ons het soveel onpatriotiese Namibiërs wat nie die welstand van die land in ag neem nie, het hy gesê. Hy is ons gas vanoggend in die verband....more2minPlay
November 11, 2019Optrede word verwag teen diegene wat die VBS Mutual Bank geplunder hetDie hoof van die Valke in Suid-Afrika, Godfrey Lebeya, verwag binnekort optrede teen diegene wat betrokke was by die plundering van die VBS Mutual Bank. Volgens die jongste beramings deur die likwaditeur Anoosh Rooplal is daar 2,7 miljard rand geplunder by die bank deur bestuurslede. Daar is plaaslike belangstelling in die saak omdat die verlore 200 miljoen Namibiese dollar van die bankrot SME Bank ook deur VBS Mutual Bank belê is. Dawie Klopper beleggingsekonoom by PSG Konsult in Gauteng sluit by ons aan....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.