Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste slagoffers in Namibië se voortgesette vlaag van kindermolestering geword. Die euwel is volgens kundiges besig om toe te neem. Dr Veronica Theron, tegniese adviseur van mev Geingos, sluit by ons aan.
1 Wat is fout met ons gemeenskap dat so baie kinders in die verband probleme kry?
2 Wat moet familielede doen as hulle bewus raak hiervan?