Een van die Amerikaanse president, Donald Trump, se naaste bondgenote, Senator Lindsey Graham, het hom gestriem oor sy besluit om Amerika se soldate uit Sirië te onttrek. Graham het gesê die stap sal Turkye in staat stel om met militêre aanvalle in die gebied te begin, wat op 'n ramp kan afstuur. Hy sê hy gaan die Amerikaanse kongres dringend versoek om die besluit te herroep.Brooks Spector, ‘n kenner van die Amerikaanse politiek sluit by ons aan..