Die Suid-Afrikaanse dokumentêre rolprent oor renosterstropery, Stroop, Journey into the Rhino Horn War, word Sondagaand op Mnet uitgesaai. Stroop, soos wat daar in kort na die film verwys word, is deur Bonné de Bod en Susan Scott vervaardig. Die rolprent het reeds talle oorsese toekennings gekry. Bonne sluit by ons aan.