Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
September 10, 2019Meer as 400 buitelanders in Suid-Afrika het gevra vir hulp om na hulle lande van herkoms terug te keerDie Afrika Diaspora Forum sê meer as 400 buitelanders in Suid-Afrika het gevra vir hulp om na hulle lande van herkoms terug te keer uit vrees vir aanvalle in die buurland. Dertien mense is die afgelope week in aanvalle in Gauteng dood. Sowat 800 mense is haweloos gelaat en word tydelik in gemeenskapsale in Katlehong oos van Johannesburg gehuisves.Professor Anthony van Niewkerk ‘n Suid-Afrikaanse politieke analis is ons gas....more3minPlay
September 10, 2019Die 2019 Rugbywêreldbekerreeks in Japan begin vandag oor tien daeDie 2019 Rugbywêreldbekerreeks in Japan begin vandag oor tien dae. Die Namibiese groep se tasse is reeds gepak om Donderdag te vertrek.Nicholas van Santen die Kommunikasie Bestuurder van die 2019 RugbyWêreldbekerreeks se reëlingskomitee in Japan sluit by ons aan uit Tokio....more2minPlay
September 09, 2019Een toeris is dood in 'n ongeluk tussen Rundu en Divundu‘n Bus met vyftien Duitse toeriste was op die pad tussen Rundu en Divundu in die Oos Kavango-streek in ‘n ongeluk betrokke en een van die toeriste is in die ongeluk dood en verskeie is ernstig beseer. Romeo Muyunda van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme is ons gas....more2minPlay
September 09, 2019Geweld teen buitelanders word veroordeelDie vereniging van Afrika-parlementariërs vir menseregte het op hul vergadering in Kaapstad die geweld teen buitelanders in die buurland veroordeel. Die vereniging sê dié dade is 'n blatante skending van basiese menseregte en is strydig met die waardes van die Suid-Afrikaanse grondwet. Tim Parkhouse die Sekretaris Generaal van die Namibiese Werkgewers Federasie met sy mening...more2minPlay
September 09, 2019Die Vrystaatse Cheetahs het die Curriebeker die sesde keer verowerDie Vrystaatse Cheetahs het die Curriebeker die sesde keer verower toe hulle die Goue Leeus 31-28 verslaan het in die eindstryd in Bloemfontein. Die oorwinning voor 38 duisend toeskouers was ‘n gepaste afskeid vir die Vrystaters se afrigter, Franco Smith, wat Italië se hoofbreier gaan word.Ons sluit aan by die Hoof Uitvoerende Beampte van Vrystaat rugby Herold Verster in Bloemfontein....more2minPlay
September 06, 2019Die 2019 Namibian,Pick a Pay, Cycle Classic word vanjaar op 12 en 13 Oktober in die hoofstad gehouDie 2019 Namibian,Pick a Pay, Cycle Classic word vanjaar op 12 en 13 Oktober in die hoofstad gehou.Die Hoof-organiseerder Danny Meyer sluit by ons aan....more2minPlay
September 06, 2019Die geweld en moorde die afgelope tyd in Suid-Afrika het die buurland internasionaal in die kolligDie geweld en moorde die afgelope tyd in Suid-Afrika het die buurland internasionaal in die kollig. Vir sy mening hieroor professor Dirk Kotze ‘n politieke ontleder in Gauteng....more2minPlay
September 06, 2019Marius van der Westhuizen gaan môre sy eerste Curriebeker-eindstryd hanteerMarius van der Westhuizen gaan môre sy eerste Curriebeker-eindstryd hanteer wanneer die Vrystaatse Cheetahs en die Goue Leeus mekaar in Bloemfontein pak om die gesogte goue beker. Edgar Rathbone van die Goue Leeus sluit by ons aan....more2minPlay
September 05, 2019Die bekende Suid-Afrikaanse grapjas Leon Schuster, stel sy nuwe Rugbywêreldbeker liedjie bekendDie bekende Suid-Afrikaanse grapjas Leon Schuster het sy spesiale liedjie vir die Rugbywêreldbeker met die titel, Hey Bokke, pas bekendgestel.Leon sluit eksklusief by ons aan....more6minPlay
September 05, 2019Afrikalande het wydlopend gereageer op die aanvalle op van hulle burgers in Suid-AfrikaAfrikalande het wydlopend gereageer op die aanvalle op van hulle burgers in Suid-Afrika die afgelope tyd. Yussuf Abramjee ‘n Teen –Misdaad aktivis in die buurland sluit by ons aan....more2minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.