Soos jy in die nuus gehoor het is dit vandag die gedenkdiens van wyle Des Werner, die pa van Megan die Suid-Afrikaanse tiener wat die U Dream projek van Kaap na Kairo suksesvol voltooi het. Des en Werner Froneman, albei direkteure van die projek, is dood toe hulle vliegtuig neergestort het. Belinda Werner, Des se vrou, sluit eksklusief vanoggend by ons aan.