Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Kosmos 94.1 sorg dat jy daagliks op hoogte bly van nuus en aktuele sake. Hoor dit eerste op Namibië se nommer een.... more
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.
August 05, 2019Swakopmund – die 2019 Kwêla Dorp van die Jaar – gaan in Desember vanjaar – die Moeder van alle Makiti’s houSwakopmund – die 2019 Kwêla Dorp van die Jaar – gaan in Desember vanjaar – die Moeder van alle Makiti’s hou. Dit was die boodskap met die amptelike bekendstelling van die Kwêla Kia Dorp van die Jaar Makiti veldtog, wat tot en met die makiti in Desember so wyd as moontlik gevoer sal word. Die bemarkingsbestuurder van Destination Swakopmund, wat hom vir die Dorp van die Jaar veldtog beywer het en wat nou ook aan die spits is van die reëlings, Oliver Ahrens sluit by ons aan...more2minPlay
August 05, 2019Bryan Habana oor Chat 'n bietjie ballRikus de Beer of te wel, Jonathan van Radio Raps, kom Woensdag Windhoek toe vir sy Chat 'n Bietjie Ball’regstreekse optrede” by SKW in Olympia. Sy span Pottie en Elma kom saam en Bryan Habana en Jacques Burger is spesiale gaste. Bryan Habana is ons gas...more3minPlay
August 05, 2019Reaksie word steeds ontvang van die dood van Megan Werner se pa, in 'n vliegtuig-ongelukReaksie word steeds ontvang oor die tragiese dood van die Suid-Afrikaanse tiener Megan Werner se pa Des in ‘n vliegtuig-ongeluk kort nadat hulle die U dream-droom met ‘n selfgeboude vliegtuig van die Kaap na Kairo voltooi het. Megan se oorlede pa Des was een van die projekdirekteure. Die Werner-familie is baie geskok en hartseer oor die onverwagse dood van hulle pa. Dr Tessa van Wyk ‘n traumatoloog in Gauteng sluit by ons aan...more2minPlay
August 02, 2019Rikus de Beer of te wel, Jonathan van Radio Raps, kom Woensdag 7 Augustus Windhoek toeRikus de Beer of te wel, Jonathan van Radio Raps, kom Woensdag 7 Augustus Windhoek toe vir sy “Chat 'n Bietjie Ball lewendige vertoning” by SKW in Olympia. Hy sluit by ons aan...more2minPlay
August 02, 2019Meer oor die huidige EL-Nino vlakke wat ons deel van die wêreld raakVolgens die jongste weermodelle kan oppervlaktemperature van die Stille Oseaan en die atmosfeer in die komende maande wegbeweeg van die huidige El-Nino vlakke wat ons deel van die wêreld raak.Die Suid-Afrikaanse klimatoloog, Johan van der Berg is ons gas....more2minPlay
August 02, 2019Die Springbokke is hard besig met finale voorbereiding vir hulle volgende wedstryd teen ArgentiniëDie Springbokke is hard besig met finale voorbereiding vir hulle volgende wedstryd teen Argentinië in Salta in die 2019 rugbykampioenskapsreeks. Ryaan Adriaanse woordvoerder van die span sluit by ons aan uit Auckland in Nieu Seeland....more2minPlay
August 01, 2019Die spitberaad vir ekonomiese groei in die land word vandag voortgesitDie spitberaad vir ekonomiese groei in die land word vandag voortgesit. Daar was gister wydlopende gesprekke en aanbiedings in die verband en meer as 600 plaaslike en internasionale afgevaardigdes woon dit by. Brynjulv Haga van die Noorweegse groep T en B Fisheries woon ook die beraad by as 'n potensiële belegger in die akwa-kultuur sektor. Ons kry sy mening....more2minPlay
August 01, 2019Die waarde van die Britse pond daal steedsDie waarde van die Britse pond daal steeds in reaksie op die hardekwas-houding wat die nuwe Britse eerste minister, Boris Johnson oor Brexit inneem. Die Britse geldeenheid is op sy laagte vlak in twee jaar teenoor die Amerikaanse dollar te midde van al hoe groter aanduidings dat Brittanje die Europese Unie sonder 'n ooreenkoms gaan verlaat. Hilda Schoeman woon in Brittanje en is ons gas....more2minPlay
August 01, 2019Onderrig by alle skole in Soedan is tot verdere kennisgewing opgeskortOnderrig by alle skole in Soedan is tot verdere kennisgewing opgeskort, te midde van massa-protesoptrede oor skoolkinders wat by 'n saamtrek doodgeskiet is. Die regerende militêre owerheid het opdrag gegee dat kleuterskole, laerskole en hoërskole landwyd sluit. Minette van der Bijl van Namibië hou skool in Khartoum in die Soedan en sluit by ons aan....more2minPlay
July 31, 2019Zimbabwiërs ondervind steeds ernstige kragtekorteZimbabwiërs ondervind steeds ernstige kragtekorte wat ‘n wydverspreide effek het op die buurland se ekonomie. Van die sektore wat die ergste geraak word sluit onder meer die landbou in wat druk op voedselsekerheid plaas. EddieCross, ‘n Zimbabwiese ekonoom sluit by ons aan....more3minPlay
FAQs about Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke:How many episodes does Kosmos 94.1 Aktuele Gesprekke have?The podcast currently has 592 episodes available.