Die regspan van die voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, en die getuienis-leier van die kommissie van ondersoek na staatskaping, advokaat Paul Pretorius, is tot gister kans gegee om hulle verskille oor Zuma se ondervraging uit te stryk. Die kommissie het tot vandag verdaag nadat Zuma se regspan gedreig het om hom aan die verrigtinge te onttrek. Ulrich Roux regskenner uit Suid-Afrika met sy mening..