Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Windhoekers kry kragonderbreking-kennisgewingstelsel
    Inwoners van Windhoek sal binnekort beter oor kragonderbrekings ingelig word. Die Stad Windhoek het vanoggend 'n nuwe kennisgewingstelsel bekendgestel wat elektrisiteits-verbruikers op hoogte sal hou van alle onderbrekings. Die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, sê die stelsel sal ligging-spesifieke kennisgewings verskaf wat geaffekteerde gebiede en aangemelde kragonderbrekings identifiseer. 'n Web-gebaseerde platform sal verbruikers ook in staat stel om onderbrekings en opdaterings deur middel van 'n interaktiewe aanlynkaart na te spoor.
    1 min
  • Hof verklaar onafhanklike Phala Phala-verslag onwettig
    Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die Artikel 89-onafhanklike paneel se verslag oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal onwettig verklaar. Dit verwyder die basis vir die vertraagde ampsklag-proses tensy dit op appèl omgekeer word. Ramaphosa het die verslag van 2022 uitgedaag en betoog die paneel het sy mandaat oorskry. Opposisiepartye, insluitend die EFF, die MK-party en ATM, het sy aansoek teengestaan. Regter-president Nolwazi Mabindla-Boqeana het die partye gelas om hul eie regskoste te betaal:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • NANSO waarsku oor impak van skoolleierskapsgeskille op leerders
    Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie sê leerders ly daaronder wanneer skoolrade en die onderwysministerie in leierskapsgeskille vasgevang raak. Dit volg nadat die Hooggeregshof Windhoek Hoërskool se beheerraad se aansoek om skoolhoof Teofilus Nuugulu se aanstelling tersyde te stel, van die hand gewys het. Nanso-woordvoerder Ndayola Mulongeni sê onsekerheid oor leierskap ontwrig beplanning, skep spanning onder onderwysers en beïnvloed die leeromgewing. Sy het meer.
    1 min
  • President dring op vinniger uitvoering van 34 kabinetsopdragte aan
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het met die opening van die tweede Namibia Public-Private Forum aangedring op dringende uitvoering van die 34 kabinetsopdragte wat ná die vorige forum voortgespruit het. Sy het gewaarsku dat daar nie langer met die uitvoering daarvan gesloer kan word nie. Met verwysing na die konflik in die Midde-Ooste en bek-en-klouseer in Namibië, het sy gesê die verwagte reële BBP-groei is van 4,5 tot 3,3 persent verlaag. Inflasie het in Oktober 5,6 persent bereik. Sy het ook op groeigeleenthede in sleutelsektore gewys en 'n nuwe moniteringspaneel aangekondig wat deur die Nasionale Beplanningskommissie en NIPDB bestuur sal word.
    1 min
  • LLPBN maan teen vals berigte oor bek-en-klouseer
    Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad van Namibië sê die bek-en-klouseer-uitbreking in Karasburg is ná sowat 60 dae redelik onder beheer, met geen verdere verspreiding na ander plase nie. Uitvoerende beampte vir Gehalteversekering en Vleis-standaarde, Anja Boshoff-de Witt sê die gevalle is tot Karasburg beperk en hou geen verband met die uitbreking op Impalila-eiland nie. Sy maan die publiek om nie onbevestigde berigte op sosiale media te versprei nie, sodat Namibië sy siektebeheer kan bewys en uiteindelik weer sy siektevrye status kan verkry.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Verkeersbeamptes beboet motoriste sonder bestuurslisensies
    Motoriste word daaraan herinner om te alle tye hul geldige bestuurslisensie by hulle te hê wanneer hulle op die land se paaie bestuur. Verskeie motoriste is vanoggend in Windhoek beboet nadat hulle sonder hul bestuurslisensies agter die stuurwiel betrap is. Die voorvalle beklemtoon die belangrikheid daarvan dat motoriste seker maak dat hulle oor die nodige dokumentasie beskik voordat hulle hul reise aanpak. Francois Lottering doen verslag oor vanoggend se uitgawe van Kosmos 94.1 Roadwatch:
    1 min