Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Studie: Trofeejag bevoordeel wildbewaring en gemeenskappe
    ’n Internasionale studie waaraan navorsers van die Universiteit Stellenbosch deelgeneem het, het bevind dat trofeejag in Afrika suid van die Sahara oor die algemeen positiewe uitkomste vir wildbewaring en plaaslike gemeenskappe lewer. Die studie het spesifiek na gedokumenteerde bewarings- en gemeenskaps-uitkomste gekyk. Hayley Clements van die universiteit se Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange het meer oor die bevindinge gedeel.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Ramaphosa hou vol regering sal nie staatsbeheerde maatskappye privatiseer nie
    Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die regering het geen planne om staatsondernemings te privatiseer nie. Ramaphosa het in reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê privaat maatskappye sal betrek word om te help met die verbetering van dienste by hawens en op spoorweë, maar die bates sal in staatsbesit bly. Hy sê Eskom word geherstruktureer om elektrisiteitsopwekking van transmissie te skei, terwyl privaat maatskappye toegelaat sal word om te help met die bedryf van dele van die spoornetwerk en hawens:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • UNFPA waarsku oor struikelblokke wat jongmense se toekoms beperk
    Die Verenigde Nasies Bevolkingsfonds se uitvoerende direkteur, Diene Keita, sê werks-onsekerheid en politieke uitsluiting verhoed dat jongmense belangrike lewensdoelwitte bereik, al is hulle die bes-opgevoede generasie in die geskiedenis. Sy het met die bekendstelling van die 2026 Wêreld-bevolkingsverslag, wat op terugvoer van meer as 100 000 jongmense gegrond is, gesê vier uit elke vyf jong volwassenes in lae-inkomste-lande het nie vaste werk nie. Sy het regerings aangemoedig om jongmense se aspirasies te ondersteun deur toepaslike vaardighede te ontwikkel en hulle groter inspraak in besluitneming te gee.
    1 min
  • Cosatu waarsku besparingsmaatreëls sal nie SA se werkloosheidskrisis oplos nie
    Die vakbondfederasie Cosatu vra die regering om sterker maatreëls in te stel om werkloosheid, armoede en stadige ekonomiese groei aan te spreek. Die federasie het die oproep gedoen terwyl hy sy voorlegging oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring en Wetsontwerp op Aanpassings aan die Parlement voorgelê het. Matthew Parks van Cosatu sê die jongste begrotingsplanne gaan nie ver genoeg om sukkelende werkers en die miljoene werklose mense te ondersteun nie:
    1 min
  • LPM bekommerd oor Namibië se waterskuld van N$2,8 miljard
    Die LPM is bekommerd oor die toenemende waterskuld, wat tans op meer as 2,8 miljard Namibiese dollar staan. In vrae wat aan lynminister Inge Zaamwani-Kamwi in die parlement gerig is, sê LPM-parlementslid Eneas Emvula dat geen Namibiër toegang tot water ontneem behoort te word weens finansiële wanbestuur of die versuim van owerhede om op te tree nie. Hy het ook vrae oor berigte dat plaaslike owerhede fondse wat vir behuisingsprojekte geoormerk is, gebruik om bedryfskoste te dek. Hy waarsku dat sulke praktyke ’n negatiewe impak op munisipale bedrywighede en dienslewering kan hê.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Sterrekyk kan geestesgesondheid en welstand bevorder, sê navorsers
    Die Universiteit Stellenbosch en die Internasionale Astronomiese Unie doen navorsing oor hoe sterre-kyk, sterrekunde en tyd in die natuur mense se geestes-gesondheid en algemene welstand kan bevorder. Professor Lynn Hendricks van die Universiteit Stellenbosch sê die projek ondersoek of die waarneming van die naghemel ’n positiewe uitwerking op mense se emosionele gesondheid kan hê.
    1 min
  • Toerismesektor toon sterk vraag ondanks uitdagings
    Daar is steeds sterk vraag in die plaaslike toerismesektor, maar bekostigbaarheid, toeganklikheid en seisoenale besettingsvlakke bly groot uitdagings. Volgens Simonis Storm se November 2026-verslag oor die toerisme-ekonomie en -vooruitsigte het die besettingskoers by tentlodges in September 90,3 persent bereik, terwyl die derde kwartaal beter as 2019-vlakke gevaar het. Die koste van hotelverblyf vir Europese besoekers het egter in euro-terme met 13,2 persent gestyg, terwyl Duitse toeriste-aankomste in 2025 met 27,4 persent afgeneem het. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min