Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Zille beskuldig partye hulle probeer DA uit Joburg-regering hou
    Die burgemeesterskandidaat van die DA vir Johannesburg, Helen Zille, het die ANC, EFF, MK-party en ActionSA daarvan beskuldig dat hulle saamwerk om die DA uit die regering te hou. Zille het buite die Hooggeregshof in Johannesburg gesê, mededingende partye vrees dat die DA se rekord van doeltreffende bestuur meer kiesers sal lok. Sy het uMngeni, Midvaal en Kaapstad as voorbeelde genoem van die party se groei en aangevoer verbeterde dienslewering versterk steun onder kiesers:
    1 min
  • Bly by veiligheidsreëls wanneer gevangenes besoek word: NCS
    Die Namibiese Korrektiewe Diens doen ’n beroep op families wat gevangenes gedurende die feestyd besoek om streng veiligheids-maatreëls na te kom. Die Diens waarsku dat daar nie gepoog moet word om verbode items in te smokkel nie. Tydens ’n regerings-inligtingsessie het die hoofsekuriteitsbeampte, Ikume Nchindo, gesê dat besoek-ure wel verleng kan word, maar dat besoekers nie toegelaat sal word om kos of pakkies vir gevangenes saam te bring nie.
    1 min
  • Meatco wil onder meer werksure halveer midde BKS-uitbreking
    Meatco stel ’n vermindering van 50 persent in werknemers se werksure vir drie maande voor, terwyl die bek-en-klouseer uitbreking finansiële druk uitoefen. Ná samesprekings met die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, sê die korporasie dat werknemers met onvoldoende opgehoopte jaarlikse verlof slegs twee-derdes van hul Desember-salarisse sal ontvang. Sy maandelikse loonrekening beloop tans meer as 15,5 miljoen Namibiese dollar. Meatco-woordvoerder Undamuje Hambira sê die maatreëls is daarop gemik om die korporasie staande te hou en werkgeleenthede te beskerm.
    1 min
  • Regering fokus op plaaslike inhoud in oliebedryf
    Die regering sê hy verskerp sy pogings om te verseker dat die olie- en gasbedryf tasbare ekonomiese voordele vir plaaslike ondernemings en burgers sal inhou. Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die Stroomop Petroleum-eenheid in die Kantoor van die President, sê deursigtige en meetbare plaaslike-inhoudraamwerke sal ’n sleutelrol speel in die bevordering van binnelandse waardetoevoeging. Sy het vanoggend by die bekendstelling van Standard Bank se studie, “Namibian Oil: An Independent Macroeconomic Study”, in Windhoek gepraat.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Brittanje sal nie sonder referendum terug na EU: Burnham
    Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê nouer bande met die Europese Unie beteken nie Brittanje het weer by die groep aangesluit nie. Brittanje het onlangs 'n nuwe ooreenkoms met die EU bereik oor handel in voedsel en landbou, uitstraling-handel en 'n program vir jongmense om ervaring op te doen, wat die bruto binnelandse produk teen 2040 met 0,4-persent sal laat groei. Burnham sê dis ondenkbaar om sonder ʼn referendum weer by die groepering aan te sluit:
    1 min
  • Kinderbeskerming in fokus by Namibiese kursus
    Namibië bied ’n vyfdag-opleidingskursus oor kinderbeskerming by die SAOG se Streeksentrum vir Vredesoperasie-opleiding aan. Militêre, polisie- en burgerlike personeel van sewe Suider-Afrikaanse lande neem daaraan deel. Die sentrum se bevelvoerder, brigadier-generaal Jose Ganamala, sê die nuwe program rus personeel wat na konflikgebiede ontplooi word toe met die nodige vaardighede om kinders te beskerm.
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Finansiële misdade moet pro-aktief bekamp word: beraad
    Die Bankiersvereniging van Namibië se voorsitter, Martha Murorua, het banke, telekommunikasie-maatskappye, reguleerders en die polisie aangemoedig om intelligensie-uitruiling te versterk om toenemende finansiële misdaad te bekamp. Tydens die 2026 Namibiese bedrog en kuberveiligheid-beraad, wat vanoggend geopen het, het sy die land se teenbedrog-beheersentrum uitgelig as belangrik om bedrog pro-aktief te bekamp en kliënte-vertroue te beskerm.
    1 min