Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Johannesburg-ampsdraers 'moet Vrydag verkies word'
    Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê indien ampsdraers nie Vrydag verkies word nie, sal die metro die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake moet vra om in te gryp. Al 270 raadslede is Maandag ingehuldig tydens die metro se eerste raadsitting ná die munisipale verkiesing. Die verkiesing van die speaker, burgemeester, onderburgemeester en hoofsweep is tot Vrydag uitgestel. Brink sê die paar ekstra dae sal politieke partye kans gee om koalisie-ooreenkomste af te handel:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Nog 'n jagluiperd dood op Okahandja-pad
    Die dood van nog ’n jagluiperd nadat dit deur ’n voertuig op die hoofweg suid van Okahandja getref is, het opnuut kommer oor wildsterftes op paaie laat ontstaan. Die Jagluiperd-bewaringsfonds sê hy is diep hartseer oor die voorval, wat glo die tweede soortgelyke geval in slegs twee maande is. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se stigter en uitvoerende direkteur, dr. Laurie Marker, oor die bedreiging wat paaie vir wild inhou gepraat.
    1 min
  • 210 ingevoerde voertuie sit steeds by NaTIS vas
    IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, vra vir die modernisering en integrasie van regeringstelsels na vertragings met die registrasie van 210 voertuie wat uit Hongkong ingevoer is. Sommige sit glo reeds sedert Januarie 2026 in die stelsel vas. Kalangula sê beter samewerking tussen NaTIS, NamRA en hawe-owerhede, asook personeelopleiding, is nodig om die knelpunte aan te spreek. Hy het ook vervoerminister Veikko Nekundi geloof vir sy ingryping. Kalangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Sokker: VSA en Brittanje mede-gashere van die 2031- en 2035-Vroue-Wêreldbekers
    FIFA se kongres het 'n gesamentlike bod van Amerika, Mexiko, Costa Rica en Jamaika aanvaar om 2031 se Vroue-Wêreldbekertoernooi aan te bied. Die 48 spanne en 104 wedstryde sal dit die grootste vroue-sportgebeurtenis ooit maak. Engeland, Skotland, Noord-Ierland en Wallis gaan 2035 se toernooi aanbied. FIFA se president, Gianni Infantino, sê die toernooie behoort wyer te strek as net die veld, en meer vroue-spelers, -afrigters, -skeidsregters en -administrateurs te besiel:
    1 min
  • Stilte oor mishandeling dikwels ’n oorlewingstrategie, sê sielkundige
    Sielkundige Shaun Whittaker sê om stil te bly oor mishandeling is dikwels ’n oorlewingstrategie eerder as ’n keuse. Hy het gepraat voor die 16 Dae van Aktivisme teen geslagsgeweld môre begin. Whittaker sê vrees vir vergelding, finansiële afhanklikheid en trauma verhoed dat vroue mishandeling aanmeld. Stigma en geslagsverwagtinge hou manlike slagoffers ook stil. Hy bepleit trauma-ingeligte berading, vertroulike aanmeldingskanale, ondersteuning vir manlike slagoffers en beter opleiding vir polisie- en gesondheidswerkers.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Sokker: VSA en Brittanje mede-gashere van die 2031- en 2035-Vroue-Wêreldbekers
    FIFA se kongres het 'n gesamentlike bod van Amerika, Mexiko, Costa Rica en Jamaika aanvaar om 2031 se Vroue-Wêreldbekertoernooi aan te bied. Die 48 spanne en 104 wedstryde sal dit die grootste vroue-sportgebeurtenis ooit maak. Engeland, Skotland, Noord-Ierland en Wallis gaan 2035 se toernooi aanbied. FIFA se president, Gianni Infantino, sê die toernooie behoort wyer te strek as net die veld, en meer vroue-spelers, -afrigters, -skeidsregters en -administrateurs te besiel:
    1 min
  • JUST IN: Fraud's N$50 million sting
    Namibia recorded a staggering N$50.3 million in reported fraud in the first ten months of 2026, highlighting the financial risks accompanying the country's digital transformation.
    Reported fraud exposure totalled N$32.5 million in the first six months alone, Bank of Namibia deputy governor Leonie Dunn said this morning at the opening of the 2026 Namibia Fraud & Cybersecurity Summit.
    Electronic funds transfer fraud accounted for the bulk at N$21.9 million, followed by card fraud at N$10.4 million and electronic money fraud at N$229 000.
    Some N$15.6 million, or approximately 48% of the reported fraud value, was recovered during the first half of the year.
    Recovery rates differed sharply across payment channels. While 80% of card fraud value was recovered, the figure stood at just 34% for electronic funds transfer fraud. No recoveries were recorded for electronic money fraud.
    Follow KosmosKapitaal. Stay ahead of the money, markets and economy.
    2 min