Die DA, Vryheidsfront Plus, UDM, ActionSA, ACDP en PAC het 'n koalisie-ooreenkoms onderteken om 'n nuwe regering in Nelson Mandelabaai te vorm. Die ooreenkoms, wat gister onderteken is, baan die weg vir die DA-raadslid Retief Odendaal om burgemeester te word, waardeur die ANC en EFF effektief uit die nuwe administrasie uitgesluit word. Athol Trollip van ActionSA sê die partye is daartoe verbind om saam te werk ten einde bestendige bestuur te verseker en dienslewering oor die volgende vyf jaar te verbeter: