Die Suid Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika moet sy uitvoere uitbrei, markte diversifiseer en produktiewe beleggings lok om vinniger en meer inklusiewe groei te bewerkstellig. Die departement het gister ʼn afskeidseremonie aangebied vir die pas aangestelde buitelandse ekonomiese verteenwoordigers wat na markte wêreldwyd ontplooi word. Tau sê hulle het 27 belangrike markte in die visier. Dit sluit in die Verenigde State van Amerika, Nigerië, Ghana, Ethiopië, Brasilië, Japan, die Verenigde Arabiese Emirate en China: