Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Trump sê hy het die Nvidia-raad oortuig om Jensen Huang weer aan te stel
    Trump sê hy het die Nvidia-raad oortuig om Jensen Huang weer aan te stel
    Amerikaanse president Donald Trump van Amerika sê hy het direk met die Nvidia-raad gepraat oor Jensen Huang se heraanstelling as uitvoerende hoof en president. Hy het twee weke gelede bedank na berigte van talle buite-egtelike verhoudings, onder meer met ʼn vrou wat volgens Amerikaanse amptenare moontlik vir Chinese intelligensie werk. Nvidia se raad van direkteure het gister eenparig gestem om Huang weer aan te stel, en sê dis in die beste belang van aandeelhouers, werknemers, vennote en klante. Trump het aan CNBC gesê hy glo nie Huang het iets verkeerd gedoen nie:
    1 min
  • Uitspraak in Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak word op 3 Desember verwag
    Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die saak van korrupsie en geldwassery teen die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering en Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Uitspraak word op 3 Desember verwag. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê die staat beweer die voormalige minister het omkoopgeld van ongeveer 4,5-miljoen-rand gevra, waarvan sy na bewering sowat 2,1-miljoen rand in kontant ontvang het:
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • DA: Gauteng onderbestee R73 miljoen terwyl boere swaarkry
    Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou het tydens die 2025/2026-boekjaar 73-miljoen-rand minder as sy begroting bestee, wat boere sonder broodnodige ondersteuning gelaat het. Volgens die party het die departement slegs twee-duisend-774 plaasbesoeke afgelê, teenoor 'n teiken van sewe-duisend-500. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê die onderbesteding het 'n negatiewe uitwerking op landbou-ondersteuningsprogramme gehad, terwyl veeartsenydienste ook sukkel om op dieresiektes, soos bek-en-klouseer, te reageer:
    1 min
  • McNab waarsku jeugleiers teen misbruik van vertroulike inligting
    Hardap-goewerneur Riaan McNab het jeug-verteenwoordigers wat ’n tweedaagse leierskaps-oriëntering begin het, aangemoedig om sensitiewe gemeenskapsake met streng vertroulikheid te hanteer. Hy waarsku dat vertroulike inligting nooit vir persoonlike voordeel, skinderpraatjies of politieke gewin misbruik mag word nie.
    1 min
  • 2027 Super Rugbyliga skop in Februarie af
    Suid-Afrika se Sibanye-Stillwater Super Rugbyliga skop op 27 Februarie 2027 af, met vooraanstaande klubspanne uit ses provinsies wat aan die kompetisie gaan deelneem. Die verdedigende kampioene, Northam Rhinos en Nylstroom, sal hul onderskeie titels verdedig in dié jaarlikse Suid-Afrikaanse klubrugbytoernooi. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
    1 min
  • Michelle McLean beklemtoon internasionale waarde van Owishi-diamant
    Namibië se natuurlike diamantbedryf kry internasionale blootstelling met die vertoning van die 176-karaat-diamant Owishi in die Verenigde State. Die diamant, wat in Mei by die Suidkusmyn naby Oranjemund ontdek is, word deur ’n samewerking tussen Namdeb, De Beers en Grandview Klein Diamonds Group aan internasionale markte bekendgestel. Namibië se ambassadeur vir natuurlike diamante, Michelle McLean, sê die vennootskap bied ’n geleentheid om die land se natuurlike hulpbronne én die bedryf se bydrae tot onderwys, behuising, vaardigheidsontwikkeling en plaaslike gemeenskappe wêreldwyd te beklemtoon. Sy sê dit is belangrik dat die verhaal van Namibiese diamante ook die mense en gemeenskappe insluit wat by die bedryf baat vind.
    1 min
  • N$1,4 miljard-windplaas vir Lüderitz
    NamPower se nuwe windkragprojek naby Lüderitz moet Namibië se elektrisiteits-voorsiening versterk en meer bekostigbare krag vir plaaslike nywerhede en mynbou help beskikbaar stel. Die N$1,4 miljard-projek word deur CERIM Lüderitz Energy ontwikkel en sal 'n geïnstalleerde kapasiteit van 54,6 megawatt hê, met 50 megawatt wat aan NamPower gelewer sal word. NamPower het reeds 'n 25-jaar-kragkoopooreenkoms met die ontwikkelaar gesluit teen 'n aanvanklike tarief van 87,85 sent per kilowattuur, met 'n jaarlikse verhoging van vier persent. Mynbou- en energieminister Modestus Amutse sê bekostigbare, betroubare krag is noodsaaklik om minerale plaaslik te verwerk, nywerhede uit te brei en volhoubare werksgeleenthede te skep.
    1 min
  • Dinsdag, 24 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Vir klein besighede om hul regmatige rol in die Namibiese ekonomie te speel, gaan beleidmakers uit die boks uit moet dink, luidens nuwe navorsing. Christie Keulder van Cirrus Survey Warehouse gesels oor die bevindings.. En: Swakopmund is 'n miernes van beplande konstruksie, toon die jongste data.
    4 min