Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Jaftha betwis tronkbeleid oor Rasta-hare
    Die president van die Rastafari United Front, Brian Jaftha, betwis die staat se veiligheids- en higiëne-argumente in sy Hooggeregshofsaak nadat sy dreadlocks in die tronk afgeskeer is. Jaftha sê sy hare was skoon en is gereeld deursoek. Hy bevraagteken waarom vroulike gevangenes lang hare mag hê, terwyl Rastafari-mans gedwing word om hul hare af te skeer. Hy wil hê die hof moet 'n presedent skep wat godsdiensvryheid nie net in tronke nie, maar ook in skole en werkplekke beskerm. Die saak raak dus ook die breër vraag oor die beskerming van godsdiensregte binne staatsinstellings.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA-koalisiegesprekke in deurslaggewende fase
    Ná die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing op 4 November 2026, bevind politieke partye hulle in die finale en deurslaggewende fase van koalisie-onderhandelinge om plaaslike regerings saam te stel. Dr. Corné Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste verwikkelinge en die verloop van die proses gepraat.
    1 min
  • Namibië en Botswana versterk landbousamewerking
    Namibië en Botswana is besig om landbouhandel en samewerking te versterk, met hernude fokus op die bekamping van veesiektes, die invoer van pluimvee- en varkvleisprodukte, asook die bevordering van suiwelproduksie. Dit volg op ’n bilaterale vergadering tussen die twee lande se landbouministers Maandag in Windhoek. Hulle het ooreengekom om binne twee weke ’n gesamentlike veeartsenykundige tegniese komitee te stig. Landbouminister Inge Zaamwani sê die komitee sal daarop fokus om handelsbeperkings aan te spreek, die bestuur van dieresiektes te verbeter en nuwe markgeleenthede vir boere en landboubesighede in albei lande te ontsluit.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 23 November 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    5 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Ferrari-spanhoof kritiseer Leclerc na botsing met Hamilton
    Motorsport: Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, het Charles Leclerc beskuldig van 'n gebrek aan respek na sy jongste botsing met sy spanmaat, Lewis Hamilton, in gister se Grand Prix in Las Vegas. Hy het Hamilton se motor getref toe hy hom probeer verbysteek het in 'n stryd om sesde plek. Die wedrenbeamptes het Leclerc met tien sekondes gestraf. Dit volg op duur botsings in Monza en Mexikostad vroeër die seisoen. Vasseur sê dis heeltemal onaanvaarbaar:
    1 min
  • Okahandja-aktivis vra vir vir 4x4-ambulans
    Okahandja-aktivis Gerub Gaseb het die nuwe, toegeruste ambulans by die Okahandja-staatshospitaal verwelkom. Hy het streeksraadslid Bethuel Tjaveondja geloof vir sy bydrae om een van die regering se 19 nuwe ambulanse vir die distrik te bekom. Die nuwe ambulans sal help om druk op gesondheidsdienste in die distrik, wat sowat 45 000 mense en Osona Village bedien, te verlig. Gaseb vra egter dat 'n vierwielaangedrewe ambulans ook beskikbaar gestel word om bergagtige gebiede en afgeleë nedersettings te bereik waar gewone ambulanse sukkel om op grondpaaie te ry.
    1 min