Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Springbokke en Frankryk pak mekaar in geskiedkundige eindstryd
    Die Springbokke en Frankryk pak mekaar Sondag op Twickenham in die geskiedkundige eerste Nasieskampioenskap-eindstryd. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het sewe veranderinge en een posisie-wisseling aan sy beginspan aangebring ná hul nederlaag van 20-17 teen Ierland. Erasmus sê die Bokke sal hul kanse moet benut en foute vermy om die titel in te palm. Brenden Nel van SuperSport het met Kosmos 94.1 Nuus oor die groot kragmeting tussen die twee rugby-reuse gepraat.
    1 min
  • 13 rolprentmakers voltooi klankontwerp-opleiding in Namibië
    Dertien plaaslike rolprentmakers het ’n klankontwerp-slypskool voltooi as deel van die 2026 Europese Unie-rolprent-fees, in samewerking met die Namibiese Filmkommissie en Estland se Tallinn Universiteit se Baltiese Filmskool. EU-woordvoerder Twaku Kayofa sê die opleiding was daarop gemik om plaaslike tegniese vaardighede te ontwikkel. Hy gee meer besonderhede oor gemeenskapsvertonings van die rolprente tot 30 November in Windhoek.
    1 min
  • Tau sê SA sal nie B-BBEE laat vaar of verandering teenstaan nie
    Die Suid Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika sal betekenisvolle hervorming nastreef om seker te maak die beleid van swart bemagtiging lewer tasbare resultate en bly geloofwaardig. Amerika het in Februarie verlede jaar ʼn uitvoerende bevel teen Suid-Afrika uitgevaardig, en een van die griewe is die land se bemagtigingsvereistes. Die teikens vir Billike Indiensneming word in die Hooggeregshof, die Appèlhof en die Konstitusionele Hof uitgedaag. Tau sê hulle sal nie hervorming laat vaar nie:
    1 min
  • Königstein-projek lewer 40 bekostigbare huise in Walvisbaai op
    Veertig huise is reeds deur die Regeringsinstellings Pensioenfonds-ondersteunde Königstein Affordable Housing Fund in Kuisebmond, Walvisbaai, voltooi. Nog 40 huise sal na verwagting teen einde Maart 2027 gereed wees. Die ontwikkeling vind plaas te midde van ’n nasionale bekostigbare behuisingskrisis. ’n Gemiddelde huis kos byna 1,5 miljoen Namibiese dollar en vereis ’n maandelikse inkomste van sowat 44 000 dollar om te finansier. Meer as die helfte van Namibië se volwasse bevolking verdien egter 2 000 dollar of minder per maand. GIPF-woordvoerder, Katrina Sikeni:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Johannesburg se nuwe burgemeester en speaker word Vrydag verkies
    Die Stad Johannesburg se eerste raadsvergadering, wat gister in Braamfontein sou plaasvind, is uitgestel tot Vrydag. Dan sal raadslede ’n nuwe speaker, burgemeester, onderburgemeester en hoofsweep van die raad verkies. Al 270 raadslede is ingesweer, met die DA wat die meeste setels, naamlik 91, het. Geen party het egter die 136 setels wat vir ’n meerderheid nodig is nie. Die ANC het die meeste wyke gewen, naamlik 64. Die DA se streeksvoorsitter in Johannesburg, Luyolo Mphithi, sê die uitstel gee hulle meer tyd vir koalisiegesprekke:
    1 min
  • Finansiering bly groot struikelblok vir klein ondernemings
    Toegang tot finansiering bly ’n groot uitdaging vir Namibië se klein ondernemings, met meer as 52 000 besighede wat sonder eksterne finansiering funksioneer en op hul eie hulpbronne staatmaak. Dit blyk uit ’n nuwe opname oor mikro-, klein en mediumgrootte ondernemings, gerugsteun deur Cirrus Survey Warehouse en die Konrad-Adenauer-stigting. Verslagsamesteller Christie Keulder sê kleiner ondernemings sukkel veral om lenings te bekom, met onvoldoende sekuriteit as die rede vir 42 persent van afgekeurde aansoeke. Hy meen beleidsverandering en alternatiewe finansieringsmodelle, soos leningswaarborge en lenings gegrond op kontantvloei, is nodig om die sektor te help groei.
    1 min
  • Krieket: AB de Villiers onthul Australië se balpeutery in 2018
    Die gewese Protea-kaptein AB de Villiers beweer Australië het tydens 2018 se toer in Suid-Afrika reeds met die bal gepeuter in die eerste toets in Durban. Die bouler Cameron Bancroft, wat saam met kaptein Steve Smith en David Warner geskors is na die skuurpapier-voorval in die derde toets in Kaapstad, sê dis eerste gebruik in die tweede toets in Port Elizabeth. De Villiers sê die bal het op Kingsmead reeds onnatuurlike omgekeerde swaai gehad:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA NVG weier om te praat oor regstappe teen Dumisani Khumalo en ander
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag sê hy het nog nie 'n aanmaningsbrief ontvang van prokureurs wat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ander verteenwoordig nie. Hulle eis meer as 112-miljoen-rand aan skadevergoeding en beweer hulle is kwaadwillig gearresteer en vervolg, nadat aanklagte van bedrog en korrupsie teen hulle in Augustus onvoorwaardelik teruggetrek is. Die NVG bevestig egter hy het korrespondensie ontvang van prokureurs wat die hoof van die polisie se Tegniese Ondersteuningsdienste vir Misdaadintelligensie, Dineo Mokwele, verteenwoordig. Kaizer Kganyago van die organisasie sê die NVG gee aandag aan Mokwele se korrespondensie:
    1 min