Mej. Heelal Namibië 2026, Charene Labuschagne, het die land die naweek by die 75ste Mej. Heelal-kompetisie in Puerto Rico verteenwoordig. Sy het Saterdag Namibië se natuurbewarings-boodskap deur middel van haar nasionale kostuum, geïnspireer deur die Suidelike Karmynbyvreter, ten toon gestel en Sondag aan die voorlopige kompetisie deelgeneem. Die Nasionale Direkteur van die Mej. Namibië-organisasie, Beaulah Boois-Beukes, doen 'n beroep op Namibiërs om aan te hou stem en Charene te ondersteun om 'n plek in die Top 30 te verseker.