Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • Regshulpsentrum ondersoek menseregteskendings in Epukiro
    'n Regsgeleerde van die Regshulpsentrum, Chynna Piccanin, sê die organisasie se uitreikingsbesoek aan Epukiro was daarop gemik om regs- en menseregteskendings te identifiseer en opvolge te verseker. Dit kan regstappe, betrokkenheid by owerhede of beleidsvoorspraak insluit, eerder as om bloot basiese regsadvies te verskaf. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • 23 November 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: 'n Ordentlike dak oor gewone Namibiërs se kop met basiese geriewe soos krag en water raak toenemend net 'n droom vir derduisende. In vandag se KosmosKapitaal neem 'n Cirrus Capital-ekonoom, Ida Williams, die behuisingskrisis onder die loep. En die Stampriet-akwifer Uraanmyn-vereniging (Sauma) het 'n beroep op die publiek gedoen om hulle finansieel te ondersteun in hul stryd om die akwifer teen die beplande Russiese in situ logingsprojek by Leonardville te beskerm.
    3 min
  • SA se benadering tot KI moet deur sy eie nasionale belange bepaal word
    President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se benadering tot kunsmatige intelligensie moet gelei word deur sy eie prioriteite, ondervinding en nasionale belange. Hy het verlede week ʼn afvaardiging van ongeveer 300 lede na Silicon Valley in Amerika gelei. Die besoek het gefokus op K-I, tegnologiese belegging en ekonomiese groei. Ramaphosa het na afloop van die besoek aan die media gesê dis belangrik om die land se soewereiniteit oor K-I uit te oefen en risiko’s soos werkverliese en bedreigings teen kubersekuriteit te bestuur:
    1 min
  • Nuwe burgerregtebeweging fokus op goeie bestuur en verantwoordbaarheid
    ’n Nuwe organisasie is gestig om deursigtigheid, verantwoordbaarheid en goeie bestuur in Namibië te bevorder, midde toenemende openbare kommer oor ekonomiese agteruitgang, werkloosheid en stygende lewenskoste. Die onafhanklike burgerregtebeweging, Aksieforum Namibië, sê dit sal ekonomiese uitdagings, openbare bestuur en grondwetlike verantwoordbaarheid aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se voorsitter, Elize Cilliers, gepraat.

    Elize Cilliers Maandag
    1 min
  • Krieket: De Zorzi en Nortjé keer terug vir die beslissende toetswedstryd teen Bangladesj
    Suid-Afrika het twee veranderinge aangebring vir die tweede en laaste toets teen Bangladesj wat vandag in Centurion begin. Die gasheer mik vir 'n 2-0-reeksoorwinning. Die snelbouler Anrich Nortjé, wat die afgelope twee toetse teen Australië en Bangladesj misgeloop het, keer terug in die plek van Dane Paterson en versterk die Proteas se boulaanval. Tony de Zorzi vervang kaptein Temba Bavuma, wat weens 'n regterkuit-besering nie kan speel nie. Die waarnemende kaptein, Aiden Markram, sê Bavuma was baie ondersteunend:
    1 min
  • President maan motoriste oor feestydveiligheid
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen 'n beroep op motoriste om padveiligheidsreëls gedurende die feestyd streng na te kom. Sy het gewaarsku teen spoed, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van alkohol. Sy moedig motoriste ook aan om gereeld tydens lang reise te rus en padtekens en verkeersbeamptes te respekteer. Die president sê elke voertuig vervoer menselewens, en families wag vir hul geliefdes om veilig by hul bestemmings aan te kom.
    1 min
  • Toerismebedryf waarsku oor impak van visumbeperkings
    Visumbeperkings raak toenemend ’n bron van kommer vir Namibië se toerismebedryf, aangesien die land wêreldwyd die 135ste plek in die 2027 La Vida-paspoortwaarde-indeks beklee. Namibiese paspoorthouers het toegang tot bestemmings wat slegs 16 persent van die wêreldekonomie verteenwoordig. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, Gitta Paetzold, waarsku dat visumvereistes struikelblokke vir internasionale reis skep. Sy wys op die afname in aankomste uit belangrike Europese markte nadat Namibië in April 2025 visumvereistes ingestel het, asook die uitdagings wat dit vir oorgrenstoerisme in die Kaza-streek inhou.
    1 min
  • Sentrale Verkrygingsraad verdedig N$174 miljoen-hospitaalkontrak
    Die Sentrale Verkrygingsraad het gereageer op mediaberigte wat die wettigheid van die 174 miljoen Namibiese dollar-kontrak vir infrastruktuurwerk by die nuwe Windhoek-distrikshospitaal in Havana bevraagteken. Beweringe is gemaak dat die kontrak deur ’n ongemagtigde verteenwoordiger van die gesamentlike onderneming waaraan die werk toegeken is, onderteken is. Die raad se woordvoerder, Johanna Kambala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kontrak is onderteken op grond van die magtigingsdokumente waaroor die raad beskik het. Sy beklemtoon bouwerk op die perseel is reeds aan die gang en sê die bewerings is met die betrokke partye opgeneem.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Continental-sluiting kan 950 werkers raak
    Suid-Afrika se personeelvereniging vir die motorbedryf waarsku teen die moontlike sluiting van Continental se Gqeberha-bandvervaardigingsaanleg na 79 jaar. Die stap kan 950 werkers raak, met produksie wat moontlik vroeg in 2027 sal eindig. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die sluiting sal werkloosheid in die Oos-Kaap vererger, wat die provinsie is wat reeds die swaarste getref word. Sy doen 'n beroep op Continental om alternatiewe te ondersoek om werksgeleenthede te red, en die regering om vervaardiging in die provinsie dringend te beskerm:
    1 min