Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

All Kosmos 94.1 episodes

  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Tennis: Alcaraz verslaan Zverev vir sy eerste ATP-jaareindtitel
    Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, het in Turyn, Italië, die derde Spanjaard geword om die ATP-jaareindtoernooi te wen. Die 23-jarige het die nommer-een, Alexander Zverev van Duitsland, in skoon stelle verslaan en sluit aan by Andre Agassi van Amerika, die Switser Roger Federer en Novak Djokovic van Serwië om al vier Grand Slam-toernooi en die eindtoernooi te wen. Alcaraz sê hy is trots op sy spel in die eindstryd:
    1 min
  • Behuisingskrisis laat byna die helfte van stedelinge in informele nedersettings
    Namibië se behuisingskrisis neem toe, met byna die helfte van die land se stedelike bevolking wat in informele nedersettings woon. In Windhoek alleen leef meer as 200 duisend mense, sowat 47 persent van die stad se bevolking, in informele nedersettings. Cirrus Capital se ekonoom, Ida Williams, waarsku dat bekostigbare behuising al hoe moeiliker bereikbaar word en dat dringende ingryping nodig is. Sy sê die tyd vir uitstel is verby en dat Namibiërs nie met die huidige behuising-situasie tevrede kan wees nie.
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Motorsport: Marc Marquez wen sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel
    Marc Marquez het die rekord geëwenaar toe hy sy agtste MotoGP-kampioenskapstitel by die Portugese Grand Prix opgeraap het. Die Spanjaard, wat onder die top-nege moes eindig om die kampioenskap te beklink, het agtste gekom op sy Ducati. Aprilia se Italiaanse motorfiets-jaer, Marco Bezzecchi, het die wedren gewen. Saam met sy titels in die 125cc en 250cc kategorieë, spog Marquez nou met tien wêreldkampioenskappe en hy is derde op die algehele lys. Hy sê egter hierdie een is spesiaal:
    1 min
  • Nuwe boorgate verbeter watertoegang vir Zambezi-boere
    Veeboere in die Zambezi-streek kry beter toegang tot water danksy nuwe boorgate by Sabelo, Sizimbuko en Kasheshe, wat meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die projek is deel van pogings om boere en gemeenskappe voor te berei op moontlike droogtetoestande weens El Niño. Die hoof van landelike wateruitbreidingsdienste in die streek, Betty Muyatwa, sê die water by sommige boorgate bevat egter hoë ystervlakke en is daarom nie geskik vir menslike gebruik nie. Omgekeerde-osmose-behandeling word oorweeg om die watergehalte te verbeter.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Sokker: CAF aanvaar Kiswahili as vyfde amptelike taal
    Die Afrika Sokker-konfederasie (CAF) het Kiswahili amptelik as sy vyfde amptelike taal aanvaar. Dis naas Engels, Frans, Arabies en Portugees. Die besluit is deur afgevaardigdes van 54 lidverenigings tydens CAF se Algemene Vergadering in Abuja, Nigerië goedgekeur. Die voorstel is deur Tanzanië ingedien, met die steun van Kenia en Uganda. CAF-president Patrice Motsepe sê Kiswahili sal in amptelike kommunikasie en by geleenthede gebruik word, in die aanloop tot die 2027-Afrikabeker:
    1 min