Die Namibiese polisie se bevelvoerder in Kavango-Wes, kommissaris Andreas Nelumbu, en sy Angolese eweknie van die Cubango-provinsie, Albert Mutunga, het onlangs op Nkurenkuru vergader om oorgrensveiligheid te bespreek. Nelumbu sê gesamentlike operasies en die uitruil van inligting tussen Kavango-Wes, Kavango-Oos, Ohangwena en Cubango het misdaad help verminder. Die polisie fokus onder meer op stropery, veediefstal, smokkelary en onwettige migrasie.