Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 75 episodes available.
January 18, 20261 Petrus Hoofstuk 2Send us a textJesus, die steen wat deur die bouers verwerp is, die Verlosser wat deur die mense gekruisig is, het die Hoeksteen van ons geloof geword.As kinders van God is ons burgers van die koninkryk van Jesus, en daarom is ons vreemdelinge en bywoners hier op aarde. Ons leef met die vooruitsig van ons ewige tuiste by ons Hemelse Vader....more15minPlay
January 10, 20261 Petrus Hoofstuk 1Send us a textPetrus begin deur ons verlossing te beskryf op grond van ons egte geloof: Geloof wat getoets is deur vervolging en beproewing, soos wat goud gesuiwer word deur vuur.Hy beskryf ons verlossing op grond van die kosbare bloed van Jesus Christus, 'n heilige lewe, en die lewende en ewige woord van God....more20minPlay
December 31, 2025Nuwejaar 2026Send us a textNou is Kersfees verby. Dit was die eerste koms van Jesus Christus.Nou sien ons uit na Sy tweede koms, Sy wederkoms. Ons leef in die eindtyd, en ons sien al die tekens waarvan Jesus ons vertel het, daarom kan ons ons hoop vestig op Sy belofte dat Hy weer sal kom om Sy Bruid te kom haal....more23minPlay
December 24, 2025Kersfees 2025Send us a textDit is Kersfees tyd, en vandag lees ons die Kersboodskap soos dit vir ons in die Bybel opgeteken is.Ons gaan lees van die voorspellings van die profete van ouds, en ook die Kersverhaal in die evangelies van Lukas en Johannes.Mag dit vir almal wat saam met ons lees en luister, 'n geseënde Kerstyd wees!...more14minPlay
December 19, 2025Jakobus 5Send us a textJakobus sluit sy brief af met 'n paar belangrike boodskappe.Eerstens rig hy 'n waarskuwing aan die rykes in die gemeentes, om eerder vir hulle skatte bymekaar te maak in die hemel.Dan spoor hy die broers aan om te volhard in die geloof. Om te volhard totdat die Here weer kom. Hy waarsku ook teen die aflê van 'n eed.Laastens beklemtoon hy die krag van 'n gelowige gebed. Kom lees en leer saam met ons uit hierdie brief, sodat ons dit sal doen tot eer van die Here....more22minPlay
December 13, 2025Jakobus 4Send us a textIn hierdie episode leer ons oor die stryd wat ons voer teen hoogmoed en selfsugtige begeertes, en ons leer ook weer om ons tong te beheer, en nie kwaad te praat van ander nie, en ook om mekaar nie te oordeel nie. Daar is net een Wetgewer en net een Regter, en dit is die Here.Ons leer ook van ons afhanklikheid van God, en dat ons Sy wil in ag moet neem in al ons besluite en toekomplanne....more18minPlay
December 08, 2025Jakobus 3Send us a text"So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag."Die tong is soos 'n vuur. As dit buite beheer is, kan dit ons hele lewe aan die brand steek. Die bybel waarsku ons daarteen, maar die bybel gee ook vir ons raad oor hoe ons die probleem kan oorkom.Jakobus leer ons ook in hierdie hoofstuk, dat daar twee soorte wysheid is. Kom lees en luister saam met ons om meer uit te vind....more21minPlay
November 29, 2025Jakobus 2Send us a textJakobus leer ons om nie ons medemens te oordeel volgens die uiterlike nie. Ons leer ook van die beginsel van 'n mens se koninkrykswaarde.Dan leer ons van die beginsel ban "geloof in aksie." Geloof wat dood is as dit nie aanleiding gee tot goeie werke nie.Kom lees en luister saam met ons om meer te leer uit hierdie praktiese brief van Jakobus. ...more20minPlay
November 19, 2025Jacobus 1:9-27Send us a textHoe bepaal ek die waarde van myself en van my medemens? Armoede, rykdom, beroemdheid? Kom ons lees wat sê Jakobus daarvan.En wat is die kenmerke van 'n egte en suiwer godsdiens? Ons leer dit ook uit hierdie gedeelte....more24minPlay
November 07, 2025Jakobus 1:1-8Send us a textDie brief van Jakobus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.Jakobus vertel ons dat die Here ons toets en beproef, en hy leer ons hoe om te reageer daarop, en wat om te doen daarmee....more20minPlay
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 75 episodes available.