Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.
July 18, 2025Markus 3Send a textJesus genees die man met die gebreklike hand, en die Fariseërs en Herodiane smee 'n komplot om vir Jesus dood te maak. Die twaalf apostels word uitgekies en amptelik aangestel deur Jesus, sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.Jesus se familie is bekommerd oor Hom en wil Hom kom haal terug huis toe, maar Jesus doen nou die werk van Sy hemelse Vader, en Hy kondig aan dat Sy kerk van nou af Sy familie sal wees.Jesus leer ons ook van die onvergeeflike sonde: Die sonde om te laster teen die Heilige Gees....more21minPlay
July 12, 2025Markus 2Send a textJesus leer vir die skrifgeleerdes, en vir Sy volgelinge, en vir my en jou vandag, belangrike lesse in hierdie hoofstuk. Hy leer vir ons dat vergifnis van sonde belangriker is as 'n gesonde liggaam. Ons leer dat Jesus nie net Seun van God is nie, maar dat Hy self ook God is wat sondes kan vergewe. Ons leer dat die Seun van die mens die Here is, ook oor die sabbat, en dat die sabbatdag vir die mens gemaak is as rusdag, en gemaak is om God te eer. ...more23minPlay
July 05, 2025Markus 1Send a textTerug by die evangelies, begin ons vandag met die evangelie volgens Markus. Die evangelie begin met die bediening van Johannes die Doper, en ook die doop van Jesus. Jesus roep Sy eerste dissipels, begin om te preek en om mense te genees. Markus skryf die evangelie op grond van die inligting wat hy by Petrus kry, en net soos Petrus, het Markus 'n unieke manier om ons te vertel van die lewe en werk van Jesus. Kom lees en luister gerus saam met ons!...more25minPlay
June 25, 2025Titus 3Send a textOns het aan die einde gekom van die brief aa Titus, en so ook aan die einde van die drie pastorale briewe van Paulus. Ons het baie geleer oor ons verpligtinge en verantwoordelikhede binne die gemeente, die noodsaaklikheid van gebed, ons diens aan die Here, en nog baie meer....more16minPlay
June 19, 2025Titus 2Send a textPaulus verduidelik aan Titus, en so ook aan die gemeente in Krete, en so ook aan ons vandag, die gesonde leer van Jesus Christus. Ons lewens moet 'n positiewe en opbouende invloed op ons gemeenskap hê. Die mense rondom ons moet die Woord van God in ons lewens kan raaksien, sodat hulle niks sal kan sê teen die goeie leer van Jesus nie....more15minPlay
June 13, 2025Titus 1Send a textPaulus begin sy pastorale brief aan Titus met die bekende manier waarop Paulus altyd sy leser groet: Hy stel homself voor as dienaar van God en apostel van Jesus Christus. Dan gee hy aan Titus die opdrag om ouderlinge aan te stel. en beskryf die eienskappe van 'n ouderling. Hy waarsku ook weereens teen bekeerlinge wat in opstand kom teen gesag, en wat mense verlei....more19minPlay
June 08, 2025Pinkster SondagSend a textIn Jerusalem is dit tyd vir Shavuot, die Fees van Weke, en die stad is in rep en roer. Duisende Jode het van regoor die wêreld gekom om die fees te vier. Die tyd het ook aangebreek vir die uitstorting van die Heilige Gees waarvoor Jesus se dissipels noun al tien dae wag. Dit is die tyd wat die kerk van Jesus op aarde tot stand gekom het, en dit gaan gepaard met tekens en wonderwerke!...more14minPlay
June 06, 2025Pinkster VrydagSend a textVandag lees ons van Salomo se gebed vir gehoorsaamheid en vir insig om die volk te regeer as koning. Sy gebed word verhoor, en in God se goedheid geen Hy ook vir Salomo rykdom en eer. Maar later het Salomo gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en die toorn van die Here het teen Salomo ontvlam!...more9minPlay
June 05, 2025Pinkster DonderdagSend a textDie gebed van Elia vir reën in Israel. Elia leer ons om te glo wanneer ons bid. Elia leer ons om aan te hou bid. Elia leer ons om te vertrou op die beloftes van die Here. Ons leer dat God getrou en regverdig is, en dat God ons gebede sal verhoor....more10minPlay
June 04, 2025Pinkster WoensdagSend a textIn 1 Samuel lees ons dat Hanna tot die Here gebid het in haar nood en hartseer, en dat die Here haar gebed verhoor het. Sy het 'n gelofte afgelê, en sy het getroue gebly aan haar gelofte. Dan lees ons Hanna se pragtige dankgebed in 1 Samuel hoofstuk 2....more9minPlay
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.