Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.
April 03, 20251 Timoteus 2 en 3Send a textOns leer oor voorbidding vir ons medemens, en veral vir die regering en mense wat gesag uitoefen. Ons leer ook van die pligte van mans en vroue en ouderlinge en diakens in die christelike gemeente....more20minPlay
March 26, 20251 Timoteus 1Send a textPaulus skryf 'n pastorale brief aan die jong Timoteus, om hom te onderrig en te ondersteun as leraar in die gemeente in Efese. ...more20minPlay
March 19, 2025Matteus 28Send a textVandag lees ons die laaste hoofstuk van die evangelie van Matteus. Ons lees van Jesus se opstanding uit die dood, Sy verskyning aan Sy volgelinge, en die laaste en belangrike opdrag aan die dissipels. Maar ons leer ook 'n les oor die mag van 'n leuen....more15minPlay
March 13, 2025Mattheus 27Send a textDie mense moes kies: Jesus Barabbas of Jesus Christus. Pilatus laat Jesus gesel, en dan word Jesus gekruisig en begrawe....more25minPlay
March 06, 2025Matteus 26Send a textIn hierdie gedeelte word die nagmaal ingestel deur Jesus. Dieselfde nagmaal wat ons vandag nog vier. Maar terselfdertyd word Jesus se dood beplan deur die priesterhoofde en familiehoofde van die kerk. Dan word Jesus verraai, gevange geneem en verskyn voor die Joodse Raad. Die hoofstuk eindig met Petrus wat vir Jesus drie maal verloën voordat die haan kraai. ...more28minPlay
February 28, 2025Matteus 25Send a textHierdie is die tweede deel van die profetiese rede waar Jesus gelykenisse vertel om te verduidelik hoe dit in die koninkryk van die hemel sal wees aan die einde van die tyd. Die gelykenis van die tien meisies met hul olielampe, en die gelykenis van die muntstukke. Jesus sluit Sy rede af met die belangrike profesie oor die laaste oordeel....more23minPlay
February 20, 2025Matteus 24Send a textVandag begin ons met 'n gedeelte wat algemeen bekend staan as die "Profetiese Rede" van Jesus. Hy is op die Olyfberg saam met Sy dissipels, en Hy antwoord hulle vrae oor die toekoms, en oor die tekens van die eindtyd. Hierdie profetiese preek van Jesus is vir ons vandag net so belangrik as wat dit was vir Sy dissipels....more26minPlay
February 13, 2025Matteus 23Send a textAs gevolg van hul ontrouheid, hoogmoed en selfsug, spreek Jesus 'n reeks vervloekings uit oor die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hy waarsku ook Sy volgelinge en dissipels teen die vals leer van die kerkleiers. Jesus is hartseer oor die komende vernietiging van Jerusalem, wat gaan gebeur as gevolg van Sy volk se ontrou en ongeloof....more20minPlay
February 05, 2025Matteus 22Send a textJesus is op Sy lydensweg en maak gereed om gekruisig te word. Vir oulaas leer Hy nog Sy dissipels en volgelinge met 'n profetiese gelykenis. Maar steeds probeer die skrifgeleerdes en Fariseërs om Hom vas te trek met strikvrae....more22minPlay
January 29, 2025Matteus 21Send a textIn vandag se bybelstudie kyk ons na 'n baie belangrike gebeurtenis, naamlik Jesus se intog in Jerusalem, of wat die kerk van vandag vier as Palm Sondag. Ons lees ook van Jesus wat die tempel reinig en die vyeboom vervloek. Intussen probeer die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds om Jesus van te trek met allerhande vrae. In Sy gesprek met die kerkleiers vertel Hy vir hulle twee gelykenisse, wat hulle so ontstel dat hulle Hom weereens gevange wou neem. Hulle doen dit egter nie, omdat hulle te bang was vir die reaksie van die skare....more21minPlay
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.