Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 76 episodes available.
February 20, 2025Matteus 24Send us a textVandag begin ons met 'n gedeelte wat algemeen bekend staan as die "Profetiese Rede" van Jesus. Hy is op die Olyfberg saam met Sy dissipels, en Hy antwoord hulle vrae oor die toekoms, en oor die tekens van die eindtyd. Hierdie profetiese preek van Jesus is vir ons vandag net so belangrik as wat dit was vir Sy dissipels....more26minPlay
February 13, 2025Matteus 23Send us a textAs gevolg van hul ontrouheid, hoogmoed en selfsug, spreek Jesus 'n reeks vervloekings uit oor die Fariseërs en skrifgeleerdes. Hy waarsku ook Sy volgelinge en dissipels teen die vals leer van die kerkleiers. Jesus is hartseer oor die komende vernietiging van Jerusalem, wat gaan gebeur as gevolg van Sy volk se ontrou en ongeloof....more20minPlay
February 05, 2025Matteus 22Send us a textJesus is op Sy lydensweg en maak gereed om gekruisig te word. Vir oulaas leer Hy nog Sy dissipels en volgelinge met 'n profetiese gelykenis. Maar steeds probeer die skrifgeleerdes en Fariseërs om Hom vas te trek met strikvrae....more22minPlay
January 29, 2025Matteus 21Send us a textIn vandag se bybelstudie kyk ons na 'n baie belangrike gebeurtenis, naamlik Jesus se intog in Jerusalem, of wat die kerk van vandag vier as Palm Sondag. Ons lees ook van Jesus wat die tempel reinig en die vyeboom vervloek. Intussen probeer die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds om Jesus van te trek met allerhande vrae. In Sy gesprek met die kerkleiers vertel Hy vir hulle twee gelykenisse, wat hulle so ontstel dat hulle Hom weereens gevange wou neem. Hulle doen dit egter nie, omdat hulle te bang was vir die reaksie van die skare....more21minPlay
January 23, 2025Matteus 20Send us a textVandag vertel Jesus ons die gelykenis van die arbeiders in die wingerd: "So sal die laastes eerste wees, en die eerstes laaste." Jesus kondig weer Sy dood en opstanding aan, maar die dissipels stry nog steeds oor wie van hulle die belangrikste gaan wees in die koninkryk van die hemel. Dan genees Jesus weer twee blinde mans, nie net van hul fisiese blindheid nie, maar ook van hul geestelike blindheid....more17minPlay
January 14, 2025Matteus 19Send us a textIn hierdie gedeelte voer Jesus 'n gesprek met die Fariseërs en met Sy dissipels oor egskeiding. Dan seën Jesus die kindertjies, en antwoord die vraag van die ryk jongman: "Watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?"...more21minPlay
January 09, 2025Matteus 18Send us a text"Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?" Dit is die vraag wat Jesus breedvoerig vir ons antwoord in hierdie hoofstuk. Ook die vraag van die verhouding tussen Christene en ons plig om te vergewe. Jesus leer ons presies wat Hy van ons as Sy kinders verwag....more19minPlay
January 01, 2025Matteus 17Send us a textVandag leer ons die volgende: Jesus word verheerlik op die berg in die teenwoordigheid van Petrus en Jacobus en Johannes, asook Moses en Elia! Jesus genees 'n geestelik versteurde seun, dan kondig Hy weereens sy eie dood en opstanding aan. En dan die interessante vraag oor die tempelbelasting, en Jesus se eienaardige manier om voorsiening te maak daarvoor....more22minPlay
December 18, 2024Matteus 16Send us a textTerwyl die skrifgeleerdes nog steeds besig is met hul streke, word Jesus aan Sy dissipels geopenbaar as die Christus, die Messias waarop hulle gewag het. Maar Jesus skok hulle as Hy vir die eerste keer verduidelik dat Hy doodgemaak gaan word. En wat moet ons doen as ons vir Jesus wil volg?...more21minPlay
December 10, 2024Matteus 15Send us a textDie gevaar van gebruike en tradisies van die verlede, asook die sosiale veranderinge in vandag se tyd: Is dit belangriker as die woord van God? Wat gaan ons glo en waaraan gaan ons getrou wees?...more16minPlay
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 76 episodes available.