Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.
October 04, 2025Markus 13Send a textMarkus 13 is Jesus se profetiese rede, waar Hy ons leer van die wegraping, die groot verdrukking en van Sy wederkoms.Jesus leer ons van al die tekens waarop ons moet let om te weet dat Sy koms baie naby is....more23minPlay
September 24, 2025Markus 12Send a textEers vertel Jesus die gelykenis van die landbouers en die wingerd, en daarna antwoord hy die kerkleiers se vrae.Vrae oor belasting, oor die grootste gebod, en oor die ewige lewe. Jesus bewonder ook die arm weduwee wat so'n groot offergawe in die skatkis gegooi het....more27minPlay
September 17, 2025Markus 11Send a textVandag lees ons van Jesus se intog in Jerusalem. Na 3 jaar se bediening in Galilea en die noordelike streke van Israel, is Jesus nou hier in Jerusalem om Sy aardse bediening af te sluit.Wanneer Hy Jerusalem binnekom is daar 'n groot skare wat Hom eer en prys en uitroep "Hosanna!" Maar in die tempel is die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds besig om Sy dood te beplan....more20minPlay
September 06, 2025Markus 10Send a textVandag leer Jesus ons oor egskeiding, oor aardse besittings en rykdom, en weer oor die belangrikheid om mekaar te dien.Kom lees en leer gerus saam met ons uit Markus hoofstuk 10....more23minPlay
August 31, 2025Markus 9Send a textOns lees vandag van Jesus se verheerliking op die berg en die genesing van 'n seun. Ons leer ook 'n paar belangrike lesse, soos: "As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees." En ook: "Wie nie teen ons is nie, is vir ons," Kom lees saam met ons en vind uit waaroor hierdie wyshede gaan....more29minPlay
August 21, 2025Markus 8Send a textJesus bereik 'n draaipunt in Sy bediening hier in hoofstuk 8 en 9. Na ongeveer twee en 'n half jaar se prediking en wonderwerke in die omgewing van die see van Galilea, reis Jesus noord na Sesarea-Filippi aan die voet van die berg Hermon.Daar, vir die eerste keer, erken Petrus en die dissipels vir Jesus as die Christus, die Seun van die lewende God.Jesus het ook weer 4000 mense kos gegee met net sewe brode en 'n paar vissies, en Hy het ook nog 'n blinde man gesond gemaak.Kom lees en luister gerus saam met ons....more23minPlay
August 17, 2025Markus 7Send a textJesus leer ons oor die krag, maar ook die gevaar, van tradisies en gewoontes in die lewe van Christene en van Christen gemeentes. Jesus leer ons dat dit nie kos is wat ons onrein maak nie, maar dat onreinheid kom deur die optrede wat spruit uit 'n onrein hart. Dan gaan Jesus voort om ons nog lesse te leer deurdat Hy nog mense gesond gemaak het....more23minPlay
August 08, 2025Markus 6Send a text“'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.” Dit is ook die ervaring van Jesus in Sy tuisdorp, Nasaret.Jesus stuur die twaalf apostels uit op hul eerste sending reis, en ons lees ook die geskiedenis van die dood van Johannes die Doper.Verder doen Jesus nog wonderwerke en maak Hy nog mense gesond, en in al hierdie aktiwiteite van Jesus is daar vir ons belangrike lesse om te leer....more27minPlay
August 01, 2025Markus 5Send a textVandag lees ons van 3 van Jesus se bekende wonderwerke. Drie mense, elkeen met hul eie verhaal van siekte en hartseer. Drie mense wie se geloof in Jesus so groot was dat dit hulle uit hul ellende gered het, maar meer nog, dat dit gelei het tot hul bekering. Drie wonderwerke wat ons leer van Jesus se almag, Sy deernis en Sy genade....more21minPlay
July 26, 2025Markus 4Send a textJesus begin om die mense te leer met gelykenisse: Die gelykenis van die saaier en die gelykenis van die mosterdsaad. Jesus beveel ons ook om te luister na die boodskap wat Hy verkondig, en om te verstaan wat dit beteken. daarna bevind Jesus en Sy dissipels hulle in 'n skuit op die see van Galilea, in die middel van 'n hewige storm. Jesus maak die storm stil en roep Sy dissipels op tot geloof. Hier is baie om te leer uit hierdie hoofstuk. Kom lees en luister gerus saam met ons....more30minPlay
FAQs about Laat ons Boekevat:How many episodes does Laat ons Boekevat have?The podcast currently has 82 episodes available.