Hoe lank dink jy bestaan hysbakke al? Die mens se traagheid om trappe te klim, is glad nie so nuut soos wat jy dink nie. Die Griekse wiskundige Archimedes het reeds 'n eenvoudige weergawe van 'n hysbak in 236 voor Christus bedink, maar dit het eeue geneem vir hysbakke om 'n werklikheid te word. Dit was Elisha Gravis Otis se eerste kommersiële passasierhysbak in 1857, wat vandag se wolkekrabbers moontlik gemaak het. Vir jare het daar nie veel aan die basiese ontwerp verander nie, maar onlangse verwikkelinge gaan die wêreld op sy kop draai. Bill Murphy, die eienaar van Projitec, 'n konsultasiemaatskappy vir roltrappe en hysbakke, vertel vir Este Gross van die slim, swewende, toulose hysbakke van die toekoms, en hoe die lang wag vir die hysbak iets van die verlede is.