Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
August 31, 2016Middag op RSG 1Dr. Rose Phillips van Accenture verduidelik aan Martin Headger hoe die werksmag van die toekoms gaan lyk....more5minPlay
August 29, 2016Middag op RSG 1Het jy al ooit van 'n hackathon gehoor? Dit is 'n term wat gereeld in die I.T.-bedryf gebruik word met betrekking tot programmeringskompetisies. Maar wat is die verband tussen 'n hackathon en die bemagtiging van vroue? Martin Headger het met Tinyiko Simbine, die medestigter van Girlcode, gesels om meer hieroor uit te vind....more4minPlay
August 24, 2016Middag op RSG 1Antoniem wonder hoekom 'n liedjieskrywer 15 jaar wag om te kla hy dat hy nie tantieme gvir sy liedjie gekry het nie wat 'n ander kunstenaar al in 2001 opgeneem het. Kan dit wees dat hy die enigste een is wat dit pas eers agtergekom het?...more4minPlay
August 24, 2016Middag op RSG 1Mediese tegnologie het so gevorder dat jy net vir 'n paar minute stil hoef te lê vir 'n dokter om te weet wat jou makeer. Martin Headger het by Corrine van Deventer, 'n radiografis by die Milparkhospitaal in Johannesburg gaan hoor hoe 'n MRI-skandeerder werk....more4minPlay
August 23, 2016Middag op RSG 1Mors jy gereeld koffie op jou enigste wit hemp? Of probeer jy tevergeefs, met allerhande truuks om die laaste bietjie sous uit 'n bottel te klap? Die probleem is binnekort iets van die verlede, te danke aan nie-kleef-nano-tegnologie. Die tegnologie maak gebruik van nano-partikels wat 'n miljoen keer kleiner is as 'n suikerkorrel. Dit kan enige druppel soos water van 'n eend se rug af uit n' bottel of van jou gunsteling hemp laat gly. Este Gross vind meer uit oor nano-tegnologie wat al hoe meer die wêreld verander....more5minPlay
August 22, 2016Middag op RSG 1Martin Headger was onlangs in 'n donkerkamer. Nee, hy het nie daar in die donker gekonkel nie – hy het geleer hoe om swart-en-wit-foto's te ontwikkel. Hierdie “ou tegnologie” leef vandag steeds voort in die digitale samelewing danksy Janus Boshoff en Dennis Da Silva van die Alternative Print Workshop in Parktown-Noord in Johannesburg....more4minPlay
August 19, 2016Middag op RSG 1Niemand wil aan die dag dink wat jy jouself teen 'n aanvaller moet verdedig nie, maar die goeie nuus is dat jy nie magteloos hoef te wees nie. Jy het ook nie bultende spiere nodig om jouself te verdedig nie, jy moet net slim wees. Alan Mann, 'n Krav Maga-instrukteur, vertel vir Este Gross van hierdie selfverdedigingsmetode en hoe jy in 'n paar sekondes jou aanvaller katswink kan slaan....more5minPlay
August 18, 2016Middag op RSG 1Wat is die maklikste en veiligste manier om jou geld te trek sonder dat jou pinkode gesteel word of jou kaart gedupliseer word? Die antwoord lê by vingerafdruktegnologie. Claude Langly, die sakeontwikkelingsbestuurder van H.I.D. Global, vertel vir Martin Headger meer van hierdie tegnologie....more4minPlay
August 17, 2016Middag op RSG 1In die westerse wêreld sal jy hoor dat mense van hulle sterretekens praat en hoe dit hulle persoonlikheid bepaal. Japanners sien dit egter anders… heeltemal anders. As jy in Japan woon, is jy wat jy bloei. Jou bloedgroep bepaal jou persoonlikheid. Christelle van Tonder vertel meer....more4minPlay
August 17, 2016Middag op RSG 1Almal is baie bly oor die Blitsbokke se bronsmedalje, maar het ons nie meer van hulle verwag nie... of is ons deesdae doodtevrede met die derde plek?...more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.